25/01/2022
Halo Almal.
Eerskomende Vrydag 28 Januarie en Saterdag 29 Januarie 2022, is ons Jaarlikse Kameeldoringope ππ»ββοΈβ³οΈππ»ββοΈ
Die Program loop as volg:
Vrydag 06:15 slaan die eerste hande af, wat dan gevolg word deur die res van die spelers die hele dag deur.
Vrydagaand om 7:00 begin die Plaaslike Band Stofstorm speel, met die vure wat brand om jou steak te braai en lekker saam te kuier. Kroeg sal van die oggend af oopwees tot laat.
Nie-Spelers kan vir R150 βn steak-kaartjie koop wat dan jou steak-ete met bykosse insluit vir die aand, tesame met die live show.
Die kleuterskool is Vrydag en Saterdag daar wat vir ons βn kostalletjie gaan hΓͺ, so kom ondersteun dit ook asb.
Saterdag is die golf weer van vroegmore besig, met prysuitdeling wat sal volg na die tyd. Kroeg gaan Saterdagaand oop wees na die prysuitdeling.
Groot-Klein, almal is welkom
Groete