Heidelberg Golf Club, Western Cape

Heidelberg Golf Club, Western Cape The Heidelberg Golf Club, located in the picturesque town of Heidelberg in South Africa, is renowned for its stunning 9-hole course.

Nestled in the Western Cape, this golf course is surrounded by beautiful scenery and majestic mountains.

⛳️ By Heidelberg Gholfklub staan ons nooit stil nie!Ons bly voortdurend besig om ons klub en baan te verbeter, sodat ons...
10/09/2026

⛳️ By Heidelberg Gholfklub staan ons nooit stil nie!

Ons bly voortdurend besig om ons klub en baan te verbeter, sodat ons lede én besoekers ’n nog beter gholfervaring kan geniet.

Tans is ons hard aan die werk om setperke 4 en 9 te vergroot. Ons sien uit na die verskil wat hierdie verbeterings sal maak en die ekstra speelgenot wat dit in die nabye toekoms sal bring!

Dankie aan elke persoon wat met harde werk, tyd en ondersteuning help om Heidelberg Gholfklub voortdurend vorentoe te neem. 💪🏻🏌️‍♂️

⛳️

Heidelberg Gholfklub se Lentedans 2026 🌼Wat ’n ongelooflike lekker aand! Goeie musiek, heerlike kos, ’n warm atmosfeer e...
06/09/2026

Heidelberg Gholfklub se Lentedans 2026 🌼

Wat ’n ongelooflike lekker aand! Goeie musiek, heerlike kos, ’n warm atmosfeer en ’n dansvloer wat behoorlik lewe gekry het. 💃🕺🎶

Baie dankie aan elke lid, gas en vriend wat ons Lentedans ondersteun en saam met ons gekuier het. Julle ondersteuning het die aand ’n groot sukses gemaak en help ons om Heidelberg Gholfklub steeds sterker uit te bou.

’n Spesiale woord van dank aan almal wat agter die skerms gewerk, kos voorberei, kaartjies verkoop, die lokaal versier en gehelp het om alles moontlik te maak. Dankie ook aan Allan Green en die orkes vir die uitstekende musiek wat almal aan die dans gehou het!

Dit is aande soos hierdie wat ons herinner hoe besonders ons klub, ons dorp en ons mense werklik is. 🌿💚

Tot volgende jaar se Lentedans!

⛳ Welkom by Heidelberg Gholfklub!Dit was vir ons ’n groot voorreg om vandag vir Murray Baker en sy toergroep van Stellen...
05/09/2026

⛳ Welkom by Heidelberg Gholfklub!

Dit was vir ons ’n groot voorreg om vandag vir Murray Baker en sy toergroep van Stellenbosch by Heidelberg Gholfklub te verwelkom.

Dankie dat julle ons klub en baan besoek het. Ons hoop julle het die gholf, die pragtige dag en ons egte Heidelbergse gasvryheid terdeë geniet!

Ons sien daarna uit om julle binnekort weer hier te ontvang. 🏌️‍♂️🍷

⛳ BELLVILLE TOERSPAN – ’N TRADISIE WAT GROEI! 🏌️‍♂️🍻Wat ’n voorreg om die Bellville-toerspan weer vanjaar by Heidelberg ...
30/08/2026

⛳ BELLVILLE TOERSPAN – ’N TRADISIE WAT GROEI! 🏌️‍♂️🍻

Wat ’n voorreg om die Bellville-toerspan weer vanjaar by Heidelberg Gholfklub te kon verwelkom!

Wat ’n paar jaar gelede as ’n lekker gholfkuier begin het, het nou behoorlik ’n jaarlikse tradisie geword – en dis presies waaroor gholf gaan: goeie vriende, lekker kompetisie, ’n paar stories op die baan en natuurlik die kuier daarna. 😄⛳

Baie dankie aan elke Bellville-speler wat die moeite gedoen het om Heidelberg toe te kom, asook aan ons Heidelberg-lede wat saam gespeel en gehelp het om die dag so besonders te maak.

Ons is trots op ons baan, ons klub en die plattelandse gasvryheid waarvoor Heidelberg bekend is – en dit is altyd lekker om dit met goeie vriende te kan deel.

Bellville, dankie vir julle ondersteuning en vriendskap. Ons sien julle weer volgende jaar!🍻

Mag hierdie tradisie nog vir baie jare voortleef!

Heidelberg Gholfklub – meer as net gholf. Dis gemeenskap, vriendskap en tradisie.

⛳ SSK GHOLFDAG 2026 | HEIDELBERG GHOLFKLUB Wat ’n voorreg was dit om SSK en hul gaste gister op Heidelberg te kon verwel...
27/08/2026

⛳ SSK GHOLFDAG 2026 | HEIDELBERG GHOLFKLUB

Wat ’n voorreg was dit om SSK en hul gaste gister op Heidelberg te kon verwelkom vir ’n besondere gholfdag!

Baie dankie aan SSK, elke speler, borg en persoon wat deel was van die dag. Dit is geleenthede soos hierdie wat die lekker gees van plattelandse gholf, goeie vriendskappe en sterk gemeenskapsbande vier. 🌾⛳

Ons is trots om sulke geleenthede op ons baan aan te bied en hoop almal het Heidelberg se gasvryheid én ons baan terdeë geniet.

Die foto’s vertel die storie – gaan loer gerus na al die mooi oomblikke van die dag hier:

Dankie SSK – julle is altyd welkom op Heidelberg!

🌸 HEIDELBERG GHOLFKLUB BIED AAN 🌸 💃 LENTEDANS 2026 🕺Die lente is op pad… en daar is geen beter manier om dit te vier as ...
07/08/2026

🌸 HEIDELBERG GHOLFKLUB BIED AAN 🌸

💃 LENTEDANS 2026 🕺

Die lente is op pad… en daar is geen beter manier om dit te vier as met ’n aand vol lekker musiek, heerlike kos en dans nie!

🌺 Bring jou maat, trek jou mooiste lente-uitrusting aan en kom geniet ’n onvergeetlike aand in die geselskap van vriende en familie.

📅 Saterdag, 5 September 2026
🕕 18h00
📍 Heidelberg Gholfklub

🎶 LIVE BAND
🍽️ Ete ingesluit

💰 R350 per paartjie

📞 Bespreek jou plek vandag!
Aletta Steyn
📱072 039 3664

🌸 Beperkte plek beskikbaar – bespreek vroeg om teleurstelling te voorkom.

Heidelberg Gholfklub Couples Toer 2026⛳Vanoggend het ons Couples Toer (let wel... nie die Senior Toer nie 😉) na Wellingt...
04/08/2026

Heidelberg Gholfklub Couples Toer 2026⛳

Vanoggend het ons Couples Toer (let wel... nie die Senior Toer nie 😉) na Wellington en Devonvale vertrek. Ons wens elkeen 'n veilige reis, goeie gholf en heerlike samesyn toe.

Dit maak ons ongelooflik trots dat 'n klein plattelandse klub soos Heidelberg Gholfklub daarin slaag om drie jaarlikse gholftoere suksesvol aan te bied. Dit getuig van die besondere klubgees, betrokkenheid en kameraadskap wat ons klub so uniek maak.

Aan almal wat saam toer – geniet elke oomblik, speel goeie gholf, lag baie, skep kosbare herinneringe en verteenwoordig Heidelberg met trots. Ons sien daarna uit om al die stories, foto's en dalk selfs 'n paar "ander stories" oor putts en houe te hoor wanneer julle terug is!

Veilige reis en voorspoed met die toer. Geniet elke oomblik!

Nuwe Lewe vir 'n Ou Landmerk by Heidelberg Gholfklub!Wat eens die ou waterdam by Putjie 2 was, het nou 'n splinternuwe d...
31/07/2026

Nuwe Lewe vir 'n Ou Landmerk by Heidelberg Gholfklub!

Wat eens die ou waterdam by Putjie 2 was, het nou 'n splinternuwe doel gekry!

Met hierdie opgradering het ons die ruimte omskep in:
✅ Nuwe stoorspasie
✅ Netjiese baan-toilet
✅ Braai- en kuierarea vir lede en besoekers op brogdae

By Heidelberg Gholfklub is ons voortdurend besig om ons fasiliteite te verbeter en meer waarde vir ons lede en gaste/besoekers te skep. Elke verbetering, groot of klein, dra by tot 'n beter gholfervaring en 'n klub waarop ons almal trots kan wees.

'n Groot dankie aan almal wat betrokke was by hierdie projek. Ons sien uit daarna dat julle die nuwe geriewe geniet!

Heidelberg Gholfklub – Waar ons saam bou aan 'n beter klub, putjie vir putjie. ⛳

⛳ Kaapse Vriende by Heidelberg GholfklubDit was 'n voorreg om die afgelope naweek vir Charles Saaiman en sy toergroep va...
26/07/2026

⛳ Kaapse Vriende by Heidelberg Gholfklub

Dit was 'n voorreg om die afgelope naweek vir Charles Saaiman en sy toergroep van die Kaap by Heidelberg Gholfklub te kon verwelkom.

Dankie dat julle ons klub as deel van julle toer gekies het. Ons vertrou julle het die baan, die gasvryheid en die besonderse kameraadskap wat Heidelberg Gholfklub kenmerk, geniet.

Ons waardeer julle besoek opreg en hoop om julle sommer weer binnekort hier te sien vir nog 'n rondte gholf, goeie geselskap en nuwe herinneringe.

Veilige reis terug Kaap toe – julle is altyd welkom by Heidelberg Gholfklub! 💚⛳

Witsand vs Heidelberg Gholfdag 2026 🏆Wat 'n ongelooflike naweek van gholf, vriendskap en ware klubgees!Baie geluk aan Wi...
26/07/2026

Witsand vs Heidelberg Gholfdag 2026 🏆

Wat 'n ongelooflike naweek van gholf, vriendskap en ware klubgees!

Baie geluk aan Witsand Span, wat vir die tweede jaar agtereenvolgens die Witsand vs Heidelberg-uitdaging gewen het. Julle het puik gholf gespeel en die oorwinning verdien. Ons sien reeds uit na volgende jaar se stryd!

Maar soos altyd was die grootste wenner die kameraderie tussen ons ledes wat mekaar respekteer en ondersteun. Van die eerste afslaan tot die laaste putt, en later die aand om die tafels met 'n heerlike skaapkop-ete, was dit duidelik waarom hierdie tradisie jaar ná jaar net sterker word.

Dit is dae soos hierdie wat bewys dat gholf oor veel meer gaan as net die telling. Dit gaan oor vriendskappe, stories, lag, sportmangees en die voorreg om herinneringe saam te bou.

Baie dankie aan almal wat die dag moontlik gemaak het – die spelers, organiseerders en elkeen wat bygedra het tot nog 'n besonderse hoofstuk in hierdie trotse tradisie.

Baie geluk, Witsand! Span Julle hou die trofee nog 'n jaar vas... maar Heidelberg sal volgende jaar weer gereed wees! 💚⛳

Address

Heidelberg
6665

Opening Hours

Monday 08:00 - 17:00
Tuesday 08:00 - 17:00
Wednesday 08:00 - 17:00
Thursday 08:00 - 17:00
Friday 08:00 - 17:00
Saturday 08:00 - 19:00
Sunday 08:00 - 16:00

Telephone

+27280070433

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Heidelberg Golf Club, Western Cape posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Heidelberg Golf Club, Western Cape:

Shortcuts

Share