Floreer as vrou

Floreer as vrou Ek help vroue om weer in hulleself te glo en selfvertroue te bou, om te leef met minder self-twyfel en vrees.

Kry hier 'n GRATIS video uit my reeks Vertrou God met jou seer: https://www.services.mindfulbeautysa.co.za/sukkel-jy-met-emosies

Mag jy 'n heerlike Lentedag hê en blom in jou hart.
01/09/2026

Mag jy 'n heerlike Lentedag hê en blom in jou hart.

Vroue het soveel om op hul skouers te dra en probeer altyd sterk wees, maar om sterk te wees beteken nie dat jy nooit va...
28/08/2026

Vroue het soveel om op hul skouers te dra en probeer altyd sterk wees, maar om sterk te wees beteken nie dat jy nooit val nie, inteendeel, die vrou wat opstaan elke keer nadat sy geval het, is die sterk een. Dié een wat val omdat die gewig op haar skouers te veel raak, maar besluit om God se hand te vat en wéér op te staan.

Mag jy 'n sterk vrou bly, jou lewe lank.

Ek het vandag amptelik hierdie blad se naam verander na Floreer as vrou, omdat ek glo dat vroue kan floreer ten spyte va...
26/08/2026

Ek het vandag amptelik hierdie blad se naam verander na Floreer as vrou, omdat ek glo dat vroue kan floreer ten spyte van swaar en moeilike tye as jy die Here se hand vat. Ek wou ook hê dit moes aansluit by die lidmaatksap wat al amper 'n jaar aan die gang is van Floreer as vrou.

Om te floreer beteken om te groei, te ontwikkel of om voorspoedig te wees selfs al het jy uitdagings.

Niemand het dit altyd nét maklik nie, maar wat doen jy wanneer dit moeilik gaan?

Die saadjies wat jy vandag plant is die blomme of onkruid wat later opkom.

Plant mooi saadjies, blomme eerder as onkruid, maar ewe belangrik, omring jou met mense wat dit water gee om dit te help groei. Wanneer jy jou heeltyd omring met toksiese mense en hulle té veel invloed gee, kan jy dalk net eindig met water wat onkruid aanhelp in plaas van die mooi blom.

Daar is soveel mooi blomme, nét so is daar soveel prag vroue, laat ons mekaar help groei om te floreer, elkeen uniek soos God jou gemaak het.

As jy hou van wat jy lees is jy welkom om die blad te volg en van tyd tot tyd inligting hier te kry wat jou help floreer.

©Lana Fourie - Floreer as vrou

12/08/2026

Hou op soek vir al die foute en drama in die lewe, daar is genoeg, jy hoef dit nie te soek nie. As jy dit soek, is dit al wat jy later gaan raaksien. Soek bietjie die mooi en goed in jou dag en jou medemens.

Het jy al ooit jou hart teenoor iemand oopgemaak en dit het nie goed uitgedraai nie?Vandag wil ek jou herinner dat God w...
08/08/2026

Het jy al ooit jou hart teenoor iemand oopgemaak en dit het nie goed uitgedraai nie?

Vandag wil ek jou herinner dat God weet horveel dapperheid en moed dit vat om jou seer met iemand te deel. Hy sal nooit jou seer hart geringskat nie. Hy is 'n veilige hawe vir jou seer hart.

Geniet wie God jou gemaak het om te wees, ek glo dit bring eer aan Hom. Jy is uniek jy, daar is niemand anders soos jy n...
06/08/2026

Geniet wie God jou gemaak het om te wees, ek glo dit bring eer aan Hom. Jy is uniek jy, daar is niemand anders soos jy nie, was nog nooit nie, en sal ook nooit wees nie.

05/08/2026

Address

Hartenbos

Opening Hours

Monday 08:00 - 17:00
Tuesday 08:00 - 17:00
Wednesday 08:00 - 17:00
Thursday 08:00 - 17:00
Friday 08:00 - 17:00

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Floreer as vrou posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Floreer as vrou:

Share

Category