The Tackle Shop

The Tackle Shop Fishing Tackle Shop

18/02/2026

SRA Ambassadeur en 2026 Protea Kaptein Bennie Cloete skryf weer iets baie interessants vir ons.......Lees gerus 👀👇🏻

"HOEKOM IS MY VIS NET WEG?
Dagsê julle. Hierdie is nog 'n vraag wat dikwels opduik by talle hengelaars. Ek kan maar net my ervaring deel en opsom soos volg:

Volgens my is daar n paar redes, naamlik die verandering in temperatuur bring teweeg dat vis gewoonlik skuiling soek as water te warm of te koud is.
Tweedens verdwyn vis wanneer babers in beweeg op 'n bepaalde afstand waar daar voer is wat kleiner vis getrek het.
Derdens kan vis weg beweeg as gevolg van vreemde reuke, kleure en self's geraas wat maak dat vis eerder dieper water toe beweeg.
Laastens is ek oortuig daarvan dat terwyl jy cis vang, en heelwat vis vang, en dan skielik minder tempo het, maw vis is eintlik traag om te byt of tydsduur is baie langer, Dan is dit gewoonlik vir my n teken dat my voer area nie meer voer het nie en dat vis, wat in skole beweeg my voer area verorber het. Wat ek baie doen, sowat 90 persent van my hengel uitstappies, is om meer "grid" in my voer te plaas. Hetsy wit of geel gebreekte mielies, self's daai mengsel met rooi sorghum in werk goed. Dit help om vis in jou voerarea of lyn te hou. Dit sal help dat hulle nie vinnig gee pad na jou buurman of dieper water toe nie.
Nog 'n belangrike aspek is die gebruik van SA Poeier. SA Poeier is saamgestel deur verskeie top bemarkers. Die doel van SA Poeier is uitsluitlik om vis te trek en in jou hengel area te hou. Maar daar is n "catch 22" SA Poeier kan ook nadelig wees wanneer die klein geelvis pla en self's as omweer dreig tydens reën. Menigte hengelaars het al daai toets los hande gedop om SA Poeier te gooi wanneer donnerweer (omweer) dreig .... Self's die gebruik van dit in oormatige vorm veroorsaak baie klein vis, en vermorsing van kosbare kwaliteit tyd en groter weegbare vis. Wanneer jy heelwat tempo het, en byt tempo neem af sal SA Poeier help om vis in jou hengel area te hou.
'n Goue geheim is om elke 5de gooi jou voerbal so net n kwart in SA Poeier te skud, nie te veel nie....dit behoort jou Vis daar te hou.
Daar is heelwat konsentrate wat deesdae "Fluorescene " bevat.....dit is ook meerendeels om die SA Poeier idee te doen/gebruik. As jy die fluoro weg vat sal tempo ook afneem.....
Onthou vis kan baie nuuskierig wees, Fluoro word gebruik op gereëlde hengel uitstappies en in baie konsentrate. Of dit rooi, groen, oranje, Egg yellow of Sunset is, dit werk.....self's floaties van baie bemarkers word "ge-coat" met kleure. Dit is hoekom dit werk, skaf gerus vir jou aan.

Stywe lyne tot volgende keer
Bennie Cloete"

Shaun Rusch

24/12/2025

Please note

the Tackle Shop will close
@ 12pm today for the
Christmas Weekend

thank you
24 December 2024

28/08/2024
Die wenner van ons raffle
29/12/2023

Die wenner van ons raffle

28/12/2023

Baie geluk aan Miecke Hitchens( 2jaar oud), sy is die gelukkige wenner van ons Hamper!!!

Lucky draw only R50 You can win a huge prize !!Buy you ticket today
13/12/2023

Lucky draw only
R50
You can win a huge prize !!
Buy you ticket today

23/10/2023

‼️💥 W E N💥 ‼️

2 van The Tackle Shop Hengel Klub se Juniors gaan weer deelneem die jaar aan die SA NATIONALE HENGEL KAMPIOENSKAPPE (09 tot 13 Des '23) en die SA NATIONALE PROEWE (16 & 17 Des '23) by BLOEMHOF Dam !!

Koop by ons 'n kaartjie ASB en help ons om fondse in te samel om dit vir hulle moontlik te maak om te kan gaan!!!

💥2 HALWE SLAG SKAPE - verpak volgens u keuses

of

💥10kg BLESBOK Wors en 10kg BLESBOK Maalvleis

KAN GEWEN WORD!! VIR NET 🤩🤩R50.00 per lootjie.

KAARTJIES BESKIBAAR by The Tackle Shop of WHATSAPP 0768314843

Address

Nok Str 1
Harrismith
9880

Opening Hours

Monday 08:00 - 16:30
Tuesday 08:00 - 16:30
Wednesday 08:00 - 16:30
Thursday 08:00 - 16:30
Friday 08:00 - 16:30
Saturday 09:00 - 12:00

Telephone

+27715357643

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when The Tackle Shop posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to The Tackle Shop:

Shortcuts

Share