Mosselbaai Stoeiklub

Mosselbaai Stoeiklub Contact information, map and directions, contact form, opening hours, services, ratings, photos, videos and announcements from Mosselbaai Stoeiklub, Gym/Physical Fitness Center, NG Kerk Saal, Grootbrakrivier, Groot-Brakrivier.

Mosselbaai Stoeiklub skitter by die Noord-Gauteng Stoei Ope.Mosselbaai Stoeiklub het die afgelope naweek aan die Noord-G...
12/08/2026

Mosselbaai Stoeiklub skitter by die Noord-Gauteng Stoei Ope.

Mosselbaai Stoeiklub het die afgelope naweek aan die Noord-Gauteng Stoei Ope, ook bekend as die Johnny Reitz Groot 5 Ope, by die Universiteit van Pretoria deelgeneem.

Die toernooi is jaarliks een van die grootste stoeitoernooie op die Afrika-kontinent. Vanjaar het ongeveer 880 stoeiers vanuit verskeie lande en van regoor Suid-Afrika aan die toernooi deelgeneem.

Mosselbaai Stoeiklub het uitstekend gevaar, met vyf stoeiers wat aan die toernooi deelgeneem het. Die klub het met trots drie medaljes verower.

Die uitslae van die Mosselbaai-stoeiers was soos volg:

1. Joshua Bezuidenhout – 0/10: Eerste plek en goue medalje.
2. Gustav Dreyer – 0/10: Vierde plek.
3. Danie Dreyer – 0/8: Derde plek en bronsmedalje.
4. Christo van Staden – 0/10
5. Franscoi: Tweede plek en silwermedalje.

Die prestasies is ’n besondere bron van trots vir Mosselbaai Stoeiklub. Om op so ’n groot nasionale en internasionale verhoog mee te ding, verg harde werk, toewyding en deursettingsvermoë.

Ons is ongelooflik trots op elkeen van ons stoeiers wat deelgeneem het en hul alles op die mat gegee het. Julle verteenwoordig Mosselbaai Stoeiklub met trots en wys dat harde werk en vasberadenheid vrugte afwerp.

Baie geluk aan al ons stoeiers en ons afrigters!

Wat 'n eer om n toernooi te kan doen vir n kosbare sport ..... wat nes jy 'n familie verstaan sal jy die verstaan....JES...
12/04/2026

Wat 'n eer om n toernooi te kan doen vir n kosbare sport ..... wat nes jy 'n familie verstaan sal jy die verstaan....

JESUS is KONING




GROOT DANK AAN




11/04/2026
03/04/2026

READY 2 RUMBLE!!!! 4 APRIL

02/04/2026
Mosselbaai Stoeiklub het die naweek die voorreg gehad om ʼn stoei toernooi van Wrestling Cape Association in die Kaap te ...
15/03/2026

Mosselbaai Stoeiklub het die naweek die voorreg gehad om ʼn stoei toernooi van Wrestling Cape Association in die Kaap te gaan deelneem. Baie dankie aan Sport Academy vir ʼn baie lekker en goeie toernooi, dankie vir jul gasvryheid ons as klub het dit baie geniet.

Ons stoeiers het almal baie goed gedoen en is trots op ons klub. Ons het 7 stoeiers daar gehad en elke stoeier het ʼn plek op die podium behaal in hul verskeie kategorieë.

Baie dankie aan elke stoeier en ouer wat die toernooi ekstra spesiaal gemaak het.

Address

NG Kerk Saal, Grootbrakrivier
Groot-Brakrivier

Opening Hours

18:00 - 20:00

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Mosselbaai Stoeiklub posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Mosselbaai Stoeiklub:

Shortcuts

Share