Elim Rugby Club-The BLUES

Elim Rugby Club-The BLUES Elim Rugby Club is based in the picturesque town of Elim which was founded by Dutch Missionaries in 1824. We compete as affilliate of Boland Rugby Union.

Elim Rugby Club was founded in the year 1992 with the merge between former town rival clubs "Rock Roses" & "Young Progress". The club has a rich history and is currently competing in the Community Shield division of Boland Rugby Union.

Thanks for being a top engager and making it on to my weekly engagement list! 🎉 Lizette Jansen, Faye Alexander, Colin Ha...
11/09/2026

Thanks for being a top engager and making it on to my weekly engagement list! 🎉 Lizette Jansen, Faye Alexander, Colin Hans, Lorenchia Louw, Bea Geldenhuys, Marchelle Pieters, Jennifer Corneluis

31/08/2026

SAY IT STRAIGHT IN 8 with
Joan October
1. Wat is jou naam en watter rol vervul jy by Elim Blues.
* Almal noem my maar Joanie, maar vir n selektiewe groepie vrinne is ek Missies Jones.
2. Hoe lank is jy nou al betrokke by die klub en wat het jou laat besluit om deel van die klub se bedrywighede betrokke te raak.
* Toe die destydse 2 rugbyklubs saamsmelt om 1 klub, Elim RVK te word, wou ek nie meer n supporter wees nie, want wat soek die Rock Roses "jongens" dan nou by ons Progress boys in een Klub!! Maar my diep gewortelde liefde vir rugby het gou die oorhand gekry, en hier is ek vandag nog n supporter. My Ma was ook betrokke by rugby bedrywighede destyds, en was dit as kind vir my n groot vreugde om haar op n Saterdag te help toebroodjies maak, vir die besoekende span na die game. Daar het dit alreeds begin en ek was ook eers net 'n supporter, toe raak ek betrokke by hul snoepie komitee, daarna op die Bestuur waar ek vir n paar jaar agtereenvolgens die Kassier was.
3. Hierdie seisoen het baie uitdagings vir Elim Blues ingehou. Hoe het jy positief gebly en uiteindelik die seisoen uitgesien saam met die klub.
* Jaa, hierdie seisoen was dalk nie soos ons dit wou he nie, negatiewe kritiek was aan die orde van die dag, maar liefde vir die game het my die pad laat saamstap tot die einde. Ek troos my daarin dat geen klub kan se hul het nog net glorie seisoene gehad sedert hul ontstaan nie. Elke klub het sy glorie-seisoen: jy is trots daarop en bou voort. Elke klub het sy "falldown" seisoen: jy staan op, skud die stof van jou stewels af, probeer harder en sit jou alles in.
4. In jou opinie, wat sal jy se moet gedoen word om die klub te verbeter.
* Meer ondersteuning en ontwikkeling van jong spelers. Kinders moet al van skooldae af aangemoedig word om deel te vorm van rugby en meer geleenthede moet geskep word. Beter kommunikasie tussen bestuur, afrigters en spelers. Beter organisering en beplanning van die Klub se aktiwiteite. Om positiewe span- en klub kultuur te bou waar almal kan saamwerk. Om jou gemeenskap, oudspelers en borge meer te betrek.
5. As jy 'n speler vandag kon aanspoor om by die klub betrokke te raak of betrokke te bly, wat sou jy vir daardie speler se.
* Sodanige spelers moet verseker word dat sy deelname en bydrae n groot verskil sal maak. Hulle moet weet dat dit nie net gaan oor rugby nie, maar oor vriendskap, ontwikkeling & om deel te wees van iets groter. Bly betrokke, werk hard en help om die Klub sterker te maak vir die volgende generasie.
6. Wat geniet jy die meeste van die klub se bedrywighede.
* Dis lekker om by die Klub se bedrywighede betrokke te wees. By die snoepie om mense te bedien en tot diens te wees. By die slapchips afdeling bly jy op jou voete maar dis n lekker gevoel. Diens by die hekingang laat jou interessante mense ontmoet en vriendskapsbande word gesmee.
7. Wat is jou visie vir Elim Blues en hoe d**k jy kan die gemeenskap en rolspelers daar buite bydra tot die klub om die visie te laat realiseer?
* My visie vir die Blues is om 'n sterk, suksesvolle en goed georganiseerde Klub te wees wat spelers ontwikkel en n positiewe invloed in die gemeenskap het. Die gemeenskap en ander rolspelers kan help deur finansiele ondersteuning, borgskappe, toerusting en deur wedstryde en klubaktiwiteite te ondersteun. As almal saamwerk, kan ons Elim Blues na n h**r vlak vat.
8. Vir vrouemaand, wat sal jou positiewe boodskap aan vroue in ons plaaslike gemeenskap en in geheel.
* Die mooiste gebaar van n vrou is wanneer sy die mooiheid in ander vrouens sien, eerder as om mekaar af te kraak. Ons moet mekaar opbou. Stap so bietjie in jou seisoen en se vir jouself jy is genoeg en jy doen jou beste. Dis tyd dat jy jouself so bietjie skud en se: God het jou die authority gegee om die duiwel n uitklophou te gee. Moet jouself nooit minderwaardig ag nie. Stap met waagmoed en droom sonder perke.

31/08/2026

Elim Blues hoop u het die Augustus se fokus op vroue in die klub se geledere geniet. Die laaste "SAY IT STRAIGHT IN 8" sal vandag gepost word. Daarna sal ons die fokus verskuif na die manne op uitvoerende bestuur om hulle indrukke en vooruitsigte te deel. Hou die spasie dop.

28/08/2026

SAY IT STRAIGHT IN 8 with
Rochelle Barends.
1. Wat is jou naam en watter rol vervul jy by Elim Blues.
* Ek is Rochelle Barends, My Hart is 💙🩵, Dien as Addisionele Lid.
2. Hoe lank is jy nou al betrokke by die klub en wat het jou laat besluit om deel van die klub se bedrywighede betrokke te raak.
* Voorheen was ons net Supporters tot ons genader was in 2008-2010 om deel vani bestuur te word, Ek het toe as Koordineerder gedien, was lekker om meti gemeente te kon saamwerk en meti spelers, aangesien my man toe Hoof Afrigter was , my seun flyhalf en dogter as medic.
3. Hierdie seisoen het baie uitdagings vir Elim Blues ingehou. Hoe het jy positief gebly en uiteindelik die seisoen uitgesien saam met die klub.
* Ek het in 'n huis groot geword waar daar net rugby gepraat en ge-eet was, in ons 1ste rondte het ons nie goed gedoen nie, maar God het vir ons deurgekom, ja nee ons het weer deur di drif gekom, Kritiek was daar, maar weereens kan ons getuig Ons Dien n Lewende God.
4. In jou opinie, wat sal jy se moet gedoen word om die klub te verbeter.
* Finansiele borge kry, Elimmers, afgetrede spelers weer 'n positiewe impak kom maak wanneer verkiesing sal plaasvind.
5. As jy 'n speler vandag kon aanspoor om by die klub betrokke te raak of betrokke te bly, wat sou jy vir daardie speler se.
* Gewese Spelers weer nader kom, want uit U kan daar nog Boland en Springbokke weer kom soos my man, vorige spelers en my swaer Dave Barends wat Britse Leeus gespeel het en na Apartheid terug geroep was vir sy Springbok Kleure.
6. Wat geniet jy die meeste van die klub se bedrywighede.
* Die Spanwerk veral van die Girls. Lol ek is maar die Raffle Lady. Ek geniet dit om sooo tussen die boys / toeskouers te beweeg, Ek hoor al hoe se hule, Ai hier kom Anti R alwee. Ek weet ek is soos 'n parasiet, soos Senna gese het 'n Bosluis, so sal ons maar knaend bly wat die boys betref. Net bly ons mede-bestuurslede verstaan ons.
7. Wat is jou visie vir Elim Blues en hoe d**k jy kan die gemeenskap en rolspelers daar buite bydra tot die klub om die visie te laat realiseer?
* My Visie: Meer Belangstellende Spelers, asook die Gemeente wat n positiewe bydrae kan lewer.
8. Vir vrouemaand, wat sal jou positiewe boodskap aan vroue in ons plaaslike gemeenskap en in geheel.
* Psalm 23: Die Here is Ons Herder, Niks sal Ons Ontbreek nie, ons Staan Vas. Die Son sal weer skyn Ons hart bly 💙, Eenkeer 'n Elim Blues, Altyd n Blues🩵💙

23/08/2026

Address

School Street
Elim
7284

Telephone

+27627990605

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Elim Rugby Club-The BLUES posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Elim Rugby Club-The BLUES:

Shortcuts

Share

Category