11/09/2026
The Stage Performing Arts Studio bied aan
DIE KLEIN MEERMINNETJIE
Duik die Dieptes in met “Die Klein Meerminnetjie”…
‘n Betowerende avontuur vir jonk en oud. Waar die sonlig op die golwe dans en die see sy geheime fluister, wag ’n verhaal vol avontuur,
humor en hart. Onder die blou waters leef ’n jong meermin met ’n droom groter as die oseaan.
Die produksie beloof om gehore van alle ouderdomme mee te voer op ’n onvergeetlike reis vanaf die bodem van die see tot by die strand.
Die gety wag vir niemand nie, die seesterre skitter en die golwe roep. Kom duik saam in ’n wêreld waar drome dryf, harte sing en elke borrel ’n nuwe avontuur beloof.
Ontmoet vir Attina-Alana-Adella 🧡 Gespeel deur 2de jaar student: Chanté Schagen
📍 Die Collective Arts Teater, Boston, Bellville
🧜🏽♀️ 11 September @ 18:00 (UITVERKOOP) & 12 September @ 11:00 (UITVERKOOP), 14:30 (UITVERKOOP) & 18:00 (UITVERKOOP)
🧜🏽♀️ R150pp
🧜🏽♀️ Kaartjies by [email protected]
‼️Julle het gevra en ons het geluister ‼️ Ons keer terug 17 & 18 Oktober by die Collective Arts Teater ‼️
Die Klein Meerminnetjie – waar elke golf ’n storie vertel en elke hart sy eie skat ontdek.
Sien julle by die see! 🌊