07/06/2026
Die skade was groot, maar die skoonheid skyn immer deur.
Min woorde kan beskryf wat jy raaksien op die rug van n perd, sonder mense rondom jou en genoeg tyd om alles om jou in te neem.
Die poort was nog altyd indrukwekkend, en dit is nogsteeds pragtig. So na die vloede en sonder ’n pad vir motors, was die perde in hul element. Deur puin en vloeiende water, sonder om eers te huiwer.
Wat die geslote poort vir De Rust gaan kos, het nie dramatiese beskrywing nodig nie. Dit is eenvoudig die werklikheid van ’n klein dorpie waar die pad na die buite wêreld hoofsaaklik deur berge loop.
Met dit gesê, nooi ons jou steeds uit om te kom kuier. Vat die lang pad, bly ’n ekstra aand. Die Klein Karoo vergoed altyd die moeite.
’n Nota oor paaie: George na Oudtshoorn is oop, en van George deur die Karoo is steeds moontlik deur Willowmore, verby De Rust.
Die Meiringspoort en die perde wag op julle aankoms. 🐴