Conroy Sub-Distrik Rolbalvereniging / Lawn Bowls

Conroy Sub-Distrik Rolbalvereniging / Lawn Bowls Conroy Rolbal is n sub distrik van Noord-Kaap Rolbal.

Well done, trots op julle almal!!!
01/04/2026

Well done, trots op julle almal!!!

Ons o/18's is deur na die finals toe môre! Super trots op hulle!!!
31/03/2026

Ons o/18's is deur na die finals toe môre! Super trots op hulle!!!

30/03/2026
Trots op ons jong rolbalspelers!Vier van Conroy se junior spelers is gekies om Noord-Kaap te verteenwoordig by die Bowls...
28/03/2026

Trots op ons jong rolbalspelers!
Vier van Conroy se junior spelers is gekies om Noord-Kaap te verteenwoordig by die Bowls South Africa Junior National Toernooi wat vanaf 29 Maart tot 1 April in Bloemfontein plaasvind.
Die spelers is:
• Jacen Penderis en Runé Kleynhans – O/18 span
• Japie Steyn en Kenneth Penderis – O/25 span
Al vier spelers is afkomstig van Prieska Rolbalklub, en ons is ongelooflik trots op hulle prestasie. 👏
Ons wens julle alle voorspoed toe vir die toernooi. Mag julle dit baie geniet, goeie rolbal speel en waardevolle ondervinding opdoen! 🍀🎳
Conroy staan agter julle!

Ons as Conroy is baie trots op ons spelers wat deelgeneem het aan die 2026 Inter-Distrikte!Die dames veterane waarvan Es...
26/03/2026

Ons as Conroy is baie trots op ons spelers wat deelgeneem het aan die 2026 Inter-Distrikte!

Die dames veterane waarvan Estelle Olivier van Carnarvon deel was het 8ste in hul seksie geindig.

Mans Veterane waarvan Herman Hugo van Victoria-Wes deel was het 5de geindig in hul seksie.(foto nie beskikbaar)

Dames Ope waarvan Malandi Lambrechts van Victoria-Wes,
Marietjie vd Bergh van Vanderkloof,
Maria Sequeira van De Aar Buiteklub,
Liezel K**k van Hanover en Alet van Heerden van Prieska deel was
En Elmarie Bredenkamp van Vanderkloof die spanbestuurder was het ook 5de geindig in hul seksie.

Mans ope waarvan
Quintin K**k, Franscois vd Walt en Andries vd Walt almal van Hanover deel was het 8ste in hul seksie geindig.

Mans B waarvan Raymond Hardiman van De Aar Buiteklub deel was het ook 5de geindig in hul seksie.

Baie geluk aan al ons spelers en ook aan Noord-Kaap!

Die naweek was die NCB enkels in Kimberley.Baie geluk aan ons manne wat goed gedoen het in hul seksies maar dit net nie ...
22/03/2026

Die naweek was die NCB enkels in Kimberley.
Baie geluk aan ons manne wat goed gedoen het in hul seksies maar dit net nie kon deur trek nie.

Baie geluk aan al 3 ons Conroy dames wat deur is na die semi finaal.
Marietjie van der Berg van Vanderkloof is nie net ons Conroy kampioen nie maar ook ons Noord-Kaap kampioen!
Baie geluk Marietjie!!!
Tweede was Adi Koekemoer van KSD,
derde was Liezel K**k van Hanover en
4de Alet van Heerden van Prieska.
Ons is trots op al ons spelers!!

Baie geluk aan al die spelers wat die naweek deelgeneem het aan die Conroy mans en dames enkels in De Aar. Die wind het ...
02/03/2026

Baie geluk aan al die spelers wat die naweek deelgeneem het aan die Conroy mans en dames enkels in De Aar. Die wind het die spelers op hulle tone gehou maar daar is baie goeie en kompeterende rolbal gespeel! Die tellings was só naby aan mekaar dat die spelers van die finaal volgens die punteverskil bepaal moes word!
Die uitslae:
Mans:
1. Quintin K**k van Hanover
2. Raymond Hardiman van De Aar Buiteklub
3. Kenneth Penderis van Prieska
4. Gavin Penderis ook van Prieska
Dames:
1. Marietjie vd Berg van Vanderkloof
2. Liezel K**k van Hanover
3. Alet van Heerden van Prieska
4. Elmarie Bredenkamp van Vanderkloof

Ons is trots op al 24 spelers wat ingeskryf het!!

Baie geluk aan Vanderkloof se dames 4e span wat 3de gekom het by die Noord-Kaap kompetisie die afgelope naweek in Kimber...
01/02/2026

Baie geluk aan Vanderkloof se dames 4e span wat 3de gekom het by die Noord-Kaap kompetisie die afgelope naweek in Kimberley.
Die span het bestaan uit: Marietjie vd Berg,
Liezel K**k, Corne vd Walt en Elmarie Bredenkamp

Ook aan al die ander spanne van ons Sub-distrik wat gespeel het en hul beste gegee het in die bloedige hitte. Ons is trots op julle.

Die naweek was die Conroy mans en dames viere kompetisie in De Aar.Daar het 5 mans en 5 dames spanne deelgeneem. In die ...
19/01/2026

Die naweek was die Conroy mans en dames viere kompetisie in De Aar.
Daar het 5 mans en 5 dames spanne deelgeneem. In die hitte is daar goeie rolbal gespeel met Buiteklub wat die mans kompetisie gewen het en Vanderkloof die dames.

Baie geluk aan die eerste 3 mans en dames spanne wat deurdring na die NCB kompetisie in KBY einde van die maand.

Mans uitslae:
1. Buiteklub
Riaan Venter
Raymond Hardiman
Alvero de Amoreira
Andre de Wet

2. Britstown
Herman Hugo (Victoria-Wes)
Philp vd Merwe
Ari Barnard
Jan Pienaar (Buiteklub)

3. Hanover
Quintin K**k
Franscois vd Walt
Grant Naude
Hubert Ferreira

Dames uitslae
1. Vanderkloof
Marietjie vd Berg
Liezel K**k (Hanover)
Corne vd Walt
Elmarie Bredenkamp

2. Victoria-Wes
Rene Immelman
Malandi Lambrechts
Lynette van Rensburg
Tereace Schoeman

3 Buiteklub
Lourene Marais
Cathy Penderis (Prieska)
Santjie Venter
Maria de Amoreira

Baie geluk al aan die spelers!

Die naweek is die Conroy Mans en Dames Pare 2025 in De Aar in 'n Round Robin formaat gespeel.Tussen die reën, wind en hi...
10/11/2025

Die naweek is die Conroy Mans en Dames Pare 2025 in De Aar in 'n Round Robin formaat gespeel.
Tussen die reën, wind en hitte deur was dit goeie kompetisie met 6 mans en 6 dames spanne wat deelgeneem het.

Die uitslae was as volg:
Mans:
1. Riaan (Bokkies) Venter en Roussouw Maritz van Buiteklub
2. Andries vd Walt en Herman Hugo van Hanover
3. Raymond Hardiman en Alvero de Amoreira van Buiteklub

Dames:
1. Liezel K**k en Alet van Heerder van Hanover
2. Lourene Marais en Maria de Amoreira van De Aar Buiteklub
3. Maria Sequeira en Rentia Pienaar van De Aar Buiteklub
Baie geluk aan die spelers!

Die 2 top mans en 3 top dames spanne van die naweek kwalifiseer om aan die Noord-Kaap pare kompetisie op die 29ste en 30ste November 2025 in Kimberly deel te neem.

Baie sterkte en lekker speel!!

Address

De Aar

Telephone

+27824962670

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Conroy Sub-Distrik Rolbalvereniging / Lawn Bowls posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Shortcuts

Share