23/06/2026
🏉 MARLOW SANTAM O/13 RUGBYFEES 2027 🏉
Belangstellende skole word uitgenooi om aansoek te doen om deel te wees van die Marlow Santam O/13 Rugbyfees 2027.
📅 18–23 Maart 2027
📍 Hoër Landbouskool Marlow, Cradock
Hierdie rugbyfees bied jong rugbyspelers die geleentheid om hul talent, spangees en liefde vir die spel op ’n besonderse platform uit te leef.
Formele uitnodigings volg.
Vir navrae of om jou skool se belangstelling aan te dui, kontak:
📧 [email protected]