04/09/2026
’n Lekker CJS Afrikaanse skole-derby! 🇿🇦💚
Die afgelope week het twee van ons Afrikaanse skole, Hoërskool Waterkloof en Hoërskool Eldoraigne, vir ’n lekker home derby op die Centurion Klub-bane teen mekaar kragte gemeet.
Die spelers het uitstekend teenoor mekaar opgeweeg en dit was ’n lekker, mededingende ontmoeting met baie goeie squash! 👏
Hierdie keer was dit Hoërskool Waterkloof wat as die wenners uit die stryd getree het – baie geluk! 👏
’n Groot dankie aan al die personeel en afrigters betrokke, asook aan elke speler wat deelgeneem het en met soveel entoesiasme en sportmanskap gespeel het. Julle maak hierdie geleenthede spesiaal! 💚
Hoërskool Waterkloof Hoërskool Eldoraigne Dunlop Squash SA Breaking Squash News