24/06/2026
Die o/12 Bloubulle kry 'n Viking! 🦅🏉
Baie geluk aan Jaco Oosthuizen wat gekies is vir die o/12 Bloubulspan as agtsteman!
Jaco bewys dat sukses nie per ongeluk kom nie. Na sy skitterende prestasie by laasjaar se Stoei SA’s, waar hy in sy gewigsklas 3 goud en 1 silwer ingepalm het, blink hy nou weereens uit op die rugbyveld.
Daar word gesê: "A great rugby player must combine explosive physical power with elite tactical awareness and unbreakable mental resilience." Jaco is die lewende bewys daarvan. Daardie elite-eienskappe word gevorm op die stoeimat, en hy voer dit perfek uit op die rugbyveld.
Jaco, die hele Vikings-familie staan bankvas agter jou. Jy is 'n ware kampioen op die mat én op die veld. Gaan wys vir hulle daardie Vikings-guts in die Bloubul-span! 🔥💪 💙🤼♂️
Rugby