M-Sport Tennis

M-Sport Tennis Welkom by M-Sport Tennis! M-Sport Tennis is 'n tennis afrigtingsskool in Centurion. Wie is M-Sport Tennis? M-Sport Tennis is sinoniem met tennis in Centurion!

M-Sport Tennis is 'n afrigtingsskool in Centurion en die "brainchild" van Marinus & Liesl Potgieter. M-Sport Tennis is in 1994 gestig met die doel om tennisafrigting en balvaardigheids-programme in Centurion te bevorder. Met die bekendstelling van Ballewales twee jaar later is die fondasies gelê om volledig uitvoering te gee aan hierdie doelwit. Vandag, meer as 22 jaar later, is talle toppresteerd

ers reeds deur M-Sport Tennis opgelewer, maar bly die oorhoofse benadering steeds dieselfde – afrigting met die doel om ‘n liefde en passie vir tennis by spelers te kweek en sodoende tennis as gesinsport wat nog op ‘n gevorderde ouderdom beoefen kan word, te bevorder. Wat bied M-Sport Tennis? M-Sport Tennis fokus op die ontwikkeling van balvaardighede by kinders vanaf 'n baie jong ouderdom tot op ‘n gevorderde stadium van tennisafrigting vir toppresteerders. Ons bied ook Cardio Tennis - 'n groeps aktiwiteit vir enige vlak en ouderdom speler - vir dié wat graag kalorieë wil afskud op 'n prettige manier. Loer gerus hier na wat ons alles bied en wat beste vir jou behoeftes sal werk. Waar is M-Sport Tennis? Die tuiste van M-Sport Tennis is in Raslouw, Centurion en bied professionele fasiliteite en tennisbane vir tennisafrigting en -ontwikkeling. Ons rig ook af by Laerskool Hennopspark, Hoërskool Zwartkop en Flamingo Tennisklub in Wierdapark. Daarsy! Nou weet jy meer oor M-Sport Tennis. Ons wil graag van jou hoor en sien uit daarna om gou-gou vir jou te kan sê "Aangename Kennis". Bel, SMS of stuur 'n e-pos sommer vandag nog. Of dit nou is om te sê hallo, of om uit te vind wanneer jy met jou les kan begin, of dalk het jy net advies nodig oor watter raket om aan te skaf...

Marinus Potgieter aka Tennis-Guru: [email protected] / 083 633 3797

Liesl Potgieter aka Die Regte Baas: [email protected] / 083 633 3799

Frans Ledwada aka Die Regterhand: [email protected]

Algemene navrae:
[email protected]

Rekening navrae: [email protected]

’n Nuwe seisoen bring nuwe energie.Nuwe uitdagings. Nuwe doelwitte. Nuwe kanse om jou spel te geniet. 🎾Maak hierdie lent...
01/09/2026

’n Nuwe seisoen bring nuwe energie.
Nuwe uitdagings. Nuwe doelwitte. Nuwe kanse om jou spel te geniet. 🎾

Maak hierdie lente een om te onthou!🌸

Marinus 083 633 3797 |[email protected]
Liesl 083 633 3799 | [email protected]

Waar jou oë fokus, volg jou spel. 🎾Om jou oog op die bal te hou verbeter jou konsentrasie, verskerp jou reaksie en gee j...
28/08/2026

Waar jou oë fokus, volg jou spel. 🎾

Om jou oog op die bal te hou verbeter jou konsentrasie, verskerp jou reaksie en gee jou die selfvertroue om elke punt met oortuiging aan te pak!

Marinus 083 633 3797 |[email protected]
Liesl 083 633 3799 | [email protected]

Ware kampioene wen met vaardigheid, maar groei deur respek. 🎾Vir jou teenstander, jou afrigter en jouself.M-Sport Tennis...
25/08/2026

Ware kampioene wen met vaardigheid, maar groei deur respek. 🎾
Vir jou teenstander, jou afrigter en jouself.

M-Sport Tennis leer spelers om met trots, nederigheid en goeie sportmanskap op én langs die baan te wees!

Marinus 083 633 3797 |[email protected]
Liesl 083 633 3799 | [email protected]

As trotse Babolat-vennoot bied ons kwaliteit tennisrakette en toerusting vir spelers van alle ouderdomme en speelvlakke....
20/08/2026

As trotse Babolat-vennoot bied ons kwaliteit tennisrakette en toerusting vir spelers van alle ouderdomme en speelvlakke. 🎾

Stuur vir ons 'n WhatsApp, ons help jou graag om die regte toerusting vir jou spel te kies!

Marinus 083 633 3797 |[email protected]
Liesl 083 633 3799 | [email protected]

Dissipline is om aan te hou oefen, selfs wanneer niemand kyk nie. 🎾Elke oefensessie, elke herhaling en elke poging bou d...
17/08/2026

Dissipline is om aan te hou oefen, selfs wanneer niemand kyk nie. 🎾

Elke oefensessie, elke herhaling en elke poging bou die grondslag vir groei en sukses!

Marinus 083 633 3797 |[email protected]
Liesl 083 633 3799 | [email protected]

Die Australiese speler Sam Groth het in 2012 die vinnigste tennisdiens ooit aangeteken, 263,4 km/h! 🤯Dis hoekom vinnige ...
14/08/2026

Die Australiese speler Sam Groth het in 2012 die vinnigste tennisdiens ooit aangeteken, 263,4 km/h! 🤯

Dis hoekom vinnige reaksie, goeie voetwerk en fokus so 'n groot rol in tennis speel.
Sou jy hierdie diens kon terugslaan? 🎾

Marinus 083 633 3797 |[email protected]
Liesl 083 633 3799 | [email protected]

Groot resultate word gebou deur klein verbeterings. 🎾Dit gaan nie oor perfeksie nie, maar oor elke oefening, elke uitdag...
11/08/2026

Groot resultate word gebou deur klein verbeterings. 🎾

Dit gaan nie oor perfeksie nie, maar oor elke oefening, elke uitdaging en elke poging wat jou vorm tot 'n ware kampioen. 🏆

Marinus 083 633 3797 |[email protected]
Liesl 083 633 3799 | [email protected]

Congratulations to Zahraa Adam on winning the U/10 Wimbledon Grass Tournament at Irene Country Club! 🎾Keep chasing your ...
11/08/2026

Congratulations to Zahraa Adam on winning the U/10 Wimbledon Grass Tournament at Irene Country Club! 🎾

Keep chasing your dreams, one match at a time. 💚

Marinus 083 633 3797 |[email protected]
Liesl 083 633 3799 | [email protected]

Vandag vier ons die vroue op én langs die tennisbaan! 💜Dankie aan elke speler, ma, afrigter en ondersteuner wat ’n versk...
09/08/2026

Vandag vier ons die vroue op én langs die tennisbaan! 💜

Dankie aan elke speler, ma, afrigter en ondersteuner wat ’n verskil maak en ander inspireer om groter te droom. 🎾

Marinus 083 633 3797 |[email protected]
Liesl 083 633 3799 | [email protected]

Address

Gouwslaan 235, Raslouw
Centurion
0157

Opening Hours

Monday 08:00 - 18:00
Tuesday 08:00 - 18:00
Wednesday 08:00 - 18:00
Thursday 08:00 - 18:00
Friday 08:00 - 18:00
Saturday 08:00 - 13:00

Telephone

0836333797

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when M-Sport Tennis posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Shortcuts

Share