14/01/2026
Verlede Saterdag is ons terrein vir ’n paar uur omskep in ’n sportbyeenkoms.
Mense wat stap en hardloop.
Mense wat help.
Mense wat aanmoedig.
Omtrent 1 800 mense het daardie oggend vir ’n rukkie dieselfde pad gestap tydens die "Om die Dorp" halfmarathon, 10 km en 5 km.
Dit was eintlik nie anders as wat ons elke week by 14 Baltimore beleef nie.
Ons ontdek in die saam stap.
Ons leef in die saam stap.
Ons Ontdek en leef Christus.