20/12/2024
2011 toe alles begin het het Majestics met al sy kinders n stryd aangepak wat almal geweet het gaan moeilik wees.Daar was trails and tribulations,haatspraak en selfs baie min vertroue in die klub en sy spelers.Elke struikelblok was aangepak met nuwe moed en nuwe krag,nuwe insig en selfvertroue.Daar was ongeag als n band wat niemand kon breek nie.Die liefde van die spelers en toeskouers alhoewel baie min ,die respek en discipline is wat die naam Majestics gedra het.Maar sonder die spelers sou die naam Majestics ook maar net n naam wees.Hul pligsgetrouheid en toewyding het iets besonders uitgestraal elke opeenvolgende Saterdag.Majestics kom van baie min af maar nie een van die spelers,bestuur of toeskouers het dit toegelaat om hul Saterdae by die huis te hou nie.Die jaar 2024 het baie uitdagings vir Majestics ingehou.Dit was moeilik en het vir baie gevoel asof dit nie meer die moeite werd is nie maar weereens moet mens besef ONLY THE HARDEST BATTLES COMES TO THE STRONGEST SOLDIERS.Hierdie jaar was een van die moeilikste maar op daardie noot gaan ons bou na beter en beter vir die jaar en jare wat kom💚💙