Carnarvon Rolbalklub

Directions

Carnarvon Rolbalklub Contact information, map and directions, contact form, opening hours, services, ratings, photos, videos and announcements from Carnarvon Rolbalklub, Stadium, arena & sports venue, Rivierstraat, Carnarvon.

Carnarvon Rolbalklub-vriendeHier is wyle Dieter Germann en Guil du Toit in ligte luim by die kroeg van Carnarvon Rolbalk...
30/08/2026

Carnarvon Rolbalklub-vriende

Hier is wyle Dieter Germann en Guil du Toit in ligte luim by die kroeg van Carnarvon Rolbalklub.

Mooi herinneringe aan lekker kuier, goeie vriendskap en natuurlik altyd ’n storie of twee ná die rolbal!

Sulke oomblikke word kosbare herinneringe.

Hier verlaat DeWet Nel, oud-prokureur en jarelange lid van Carnarvon Rolbalklub, die baan vir die laaste keer.Dit was Ok...
23/08/2026

Hier verlaat DeWet Nel, oud-prokureur en jarelange lid van Carnarvon Rolbalklub, die baan vir die laaste keer.

Dit was Oktober 2024, tydens die trekking vir die spanne van die Rooivleisdag. Niemand sou op daardie oomblik weet dat dit sy laaste keer op die baan sou wees nie. Enkele maande later, in 2025, is DeWet oorlede.

Ons het wonderlike staaltjies van hom op én langs die baan gehoor – altyd met daardie besondere DeWet-humor.

As iemand die bal baie kort en sag rol, was sy kommentaar eenvoudig: “Very lady-like.”

En as twee b***e agtermekaar swak gerol word, het hy droogweg gesê:
“Sheila always said, consistent bad bowling.”

Later, toe hy nie meer maklik kon buk nie, het hy die bal sommer effens gegooi. En natuurlik het ons dit toe ’n “prokureursbal” genoem.

Maar dalk is een van die mooiste herinneringe aan DeWet nie eens op die baan nie. Ná ’n warm somersdag se spel, met ’n whisky in die hand en ‘n sigaar wat stadig brand het ons op die stoep gesit terwyl die Karoo in die goue uur begin afkoel. Dan sou DeWet opmerk:

“Sheila always said, the evenings in the Karoo always apologise for the day.”

En so sal ons hom onthou – met ’n glimlag, ’n droë sinnetjie, ’n whisky ná die spel en sy liefde vir die Karoo, sy kleurryke mense en Carnarvon se rolbalbaan.

Die baan het hom vir oulaas laat gaan, maar sy staaltjies bly hier.

’n Kosbare herinnering aan drie manne, ’n klub en vervloë dae.Bruce Connan, Willie Maritz en Bertus Minaar kuier geselli...
21/08/2026

’n Kosbare herinnering aan drie manne, ’n klub en vervloë dae.

Bruce Connan, Willie Maritz en Bertus Minaar kuier gesellig by die Carnarvon Rolbalklub.

Drie bekende gesigte van ’n vorige geslag, vasgevang in ’n besondere oomblik van kameraadskap en goeie geselskap.

Vandag is al drie reeds oorlede, maar foto’s soos dié bewaar ’n stukkie van hul verhaal — en van die mense wat oor die jare deel geword het van die Carnarvon Rolbalklub se geskiedenis.

Rina van Wyk – ’n liefde vir kinders en rolbal Eenmaal ’n onderwyser, altyd ’n onderwyser. Die liefde vir kinders, om ke...
19/08/2026

Rina van Wyk – ’n liefde vir kinders en rolbal

Eenmaal ’n onderwyser, altyd ’n onderwyser. Die liefde vir kinders, om kennis te deel en ’n verskil in jong lewens te maak, bly deel van jou – lank nadat jy die klaskamer verlaat het.

Rina van Wyk, afgetrede onderwyser en boer, wy al vir geruime tyd haar tyd en kennis aan die kinders van Karoo Akademie in Carnarvon, wat sy in rolbal afrig.

Met haar geduld, entoesiasme en liefde vir die sport leer sy die kinders veel meer as net hoe om ’n rolbal te rol. Sy leer hulle van dissipline, deursettingsvermoë en die waarde van saamwees.

Carnarvon Rolbalklub is besonder trots op Rina en opreg dankbaar vir die tyd, moeite en onbaatsugtige diens wat sy aan ons jong spelers lewer.

Want om in kinders te belê, is om in die toekoms te belê.

Dankie, Rina, dat jy steeds ’n verskil maak.

18/08/2026
Hulle wat dit begin het…Carnarvon Rolbalklub is in 1952 gestig en vier in 2027 sy 75ste bestaansjaar.Die klub het aanvan...
17/08/2026

Hulle wat dit begin het…

Carnarvon Rolbalklub is in 1952 gestig en vier in 2027 sy 75ste bestaansjaar.

Die klub het aanvanklik op ’n rubberbaan gespeel, wat later deur ’n grasbaan vervang is.

Stigterslede – 1952

* Mev. Lulu Connan
* Mnr. Steven Erasmus
* Mnr. Loffie Jacobz
* Mev. E.M. Kempen
* Mev. Martie Möller
* Mnr. Koos Moolman
* Mnr. & Mev. Piet Steenkamp
* Mnr. Attie van Aswegen
* Mnr. Will van der Spuy

Lewenslange lede

* Mnr. Jack Connan
* Mnr. Kokkies Greeff
* Mev. Margareth Lubbe
* Mnr. Khaki Möller
* Mnr. Charlie Snyman
* Mev. Armie Steenkamp
* Mev. Louie van Zyl

75 jaar se geskiedenis begin by hierdie mense.
Hulle het die fondament gelê waarop die Carnarvon Rolbalklub vandag nog voortbou.

26/07/2026
Carnarvon het die naweek deelgeneem aan Luckhoff se Rolbaldag en 3de gekom uit 14 spanne.Hier is Carnarvon afgeneem saam...
26/07/2026

Carnarvon het die naweek deelgeneem aan Luckhoff se Rolbaldag en 3de gekom uit 14 spanne.

Hier is Carnarvon afgeneem saam met die span wat Luckhoff ingeskryf het.

Address

Rivierstraat
Carnarvon
8925

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Carnarvon Rolbalklub posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Shortcuts

Share