08/08/2026
Magé Mary Troskie het in 2021 om al die regte redes aandag getrek en 'n internetsensasie geword met haar toespraak as hoofmeisie om gr 8's by Oranje Meisieskool te verwelkom, genaamd "Lig jou ken en ken jou lig". Sy het daarna 'n kursus in musiekopleiding gedoen en by AFDA-rolprentskool studeer. Tans maak sy musiek as net Magé, sy skryf haar eie liedjies en word gereken as die nuwe alternatiewe woordkunstenaar van haar geslag. In 2025 wen sy Die Taalgenoot se Ruk en Rym- kompetisie in Stellenbosch. Ons het haar Vrydag hier by KREATIEF. Ondersteun asb dié jong vrou - dis ons nuwe geslag "musiek en liriek"-kunstenaars.
Moenie die heerlike aand mis nie. Gebruik die 👇 skakel om kaartjies te koop @ R150 vir 2 persone, ligte ete ingesluit.
Gratis toegang vir alle skoolkinders indien jy vooraf bespreek het. KREATIEF en die borge betaal die kinders se kaartjies.
https://pay.yoco.com/kreatief
Verwysing:
14 Aug/ Jou naam