01/09/2026
Saterdag het ons ons laaste liga-wedstryd van die 2026-rugbyseisoen gespeel. ’n Seisoen vol hoogtepunte, uitdagings, teleurstellings, opofferings en onvergeetlike oomblikke het tot ’n einde gekom.
Aan elke speler van ons A-span én B-span : DANKIE! 🙏🏉
Ten spyte daarvan dat sommige mense se ondersteuning langs die pad moes groet en dinge nie altyd maklik was nie, het julle week na week opgedaag en julle beste gegee. Julle het aangehou baklei, aangehou glo en aangehou om die Villagers-trui met trots te dra.
Dankie vir julle harde werk, vasberadenheid, deursettingsvermoë, uithouvermoë en opoffering. Dankie vir die ure op die oefenveld, die lang wedstryddae, die vroeë vertrekke, die reise, die pyn, die moegheid en elke keer wat julle gekies het om weer op te staan en aan te gaan.
Nie elke wedstryd het geëindig soos ons gehoop het nie, maar een ding kan niemand van julle wegneem nie , julle het nooit opgehou om te probeer nie. ❤️💙
Aan ons A-span en B-span: ons is trots op elkeen van julle. Julle verteenwoordig nie net ’n rugbyspan nie, maar ’n gemeenskap en ’n klub met ’n geskiedenis, hart en passie.
🙏 Bowenal sê ons dankie aan God wat ons deur die hele 2026-rugbyseisoen gedra en beskerm het. Ons is ongelooflik dankbaar dat, ten spyte van die fisieke aard van die sport, geen ernstige beserings tydens die seisoen plaasgevind het nie. Elke speler kon ná elke wedstryd veilig huis toe gaan, en daarvoor is ons dankbaar. 🙏
Aan elke speler wat deel was van hierdie reis: Dankie vir jou bydrae. Dankie vir jou lojaliteit. Dankie dat jy jou hart op die veld gelos het. 🏉❤️💙
Die liga-seisoen is verby, maar die herinneringe, vriendskappe en trots wat saam met hierdie seisoen kom, sal nog lank voortleef.