Bredasdorp Rolbalklub

Bredasdorp Rolbalklub Bredasdorp Rolbalklub wil graag hierdie Facebookblad gebruik om die mense van Bredasdorp en omgewing bewus te maak van alles wat by die klub gebeur.

Funksies, kompetisies, ens. gaan op die blad gewys en promofeer word.

HERMAN HET VERDWYN! πŸ”ŽAlles was rustig by die klub... totdat Herman skielik spoorloos verdwyn. πŸ‘€Wie het hom laat verdwyn?...
15/09/2026

HERMAN HET VERDWYN! πŸ”Ž
Alles was rustig by die klub... totdat Herman skielik spoorloos verdwyn. πŸ‘€
Wie het hom laat verdwyn? Waarom? En wie lieg?
Bring jou span van 6–8 speurders en kom help ons die raaisel oplos!
πŸ•΅οΈ Kan julle die skuldige uitken?πŸ”Žβ˜ οΈ Lede, maak julle reg vir ’n aand wat ’n bietjie anders is!
Ons bied op 16 Oktober om 19:30 ’n interaktiewe Murder Mystery-fondsinsamelingsaand aan! πŸ•΅οΈβ€β™€οΈ

Bring ’n span van 6–8 mense, trek julle speurhoede aan en werk saam om uit te vind wie die moordenaar is, wat die motief was en watter geheime agter die skerms skuil. πŸ‘€

Met heerlike ete en nagereg ingesluit, spannende leidrade, lag, pryse en ’n paar verrassings, beloof dit om ’n aand te wees waar niemand sommer iemand kan vertrou nie! 😏

🎟️ R200 per persoon
🍽️ Ete & nagereg ingesluit
πŸ•΅οΈ 6–8 spelers per span
πŸ“… 16 Oktober | 19:30

πŸ“ž Bespreek jou tafel by Ezile: 067 406 0721
Kom eet. Kom speur. Kom los die moord! β˜ οΈπŸ”Ž
Moenie wag tot die laaste oomblik nie. Kry jou span bymekaar en bespreek julle tafel! πŸ•΅οΈβ€β™‚οΈπŸ·

πŸŽ‰ ’n Groot dankie aan Stiaan en Star Signs!πŸŽ‰Baie dankie aan Stiaan en STAR SIGNS wat twee van ons flipborde vir ons oorg...
11/09/2026

πŸŽ‰ ’n Groot dankie aan Stiaan en Star Signs!πŸŽ‰

Baie dankie aan Stiaan en STAR SIGNS wat twee van ons flipborde vir ons oorgedoen en sommer mooi netjies gemaak het! πŸ™ŒπŸ’™

Danksy julle kan ons nou weer lekker duidelik die tellings sien wanneer die semi-finaal en finaal by ons klub plaasvind. πŸŽ―πŸ†

Ons waardeer die moeite en ondersteuning ongelooflik baie. Dit maak ’n groot verskil en laat ons klub sommer nΓ³g beter lyk! πŸ‘

Baie dankie, Stiaan en Star Signs, vir julle ondersteuning van ons klub!

🎳🌭 BOWLS, BINGO & BOERIE NIGHT!🌭🎳Op soek na 'n lekker aand uit? Bring jou familie, vriende en bure en kom geniet 'n aand...
22/07/2026

🎳🌭 BOWLS, BINGO & BOERIE NIGHT!🌭🎳

Op soek na 'n lekker aand uit? Bring jou familie, vriende en bure en kom geniet 'n aand propvol pret by Bredasdorp Rolbalklub!

🎳 Speel 'n paar koppe rolbal
🎱 Geniet opwindende Bingo
🌭 Smul aan 'n heerlike boerie rol
πŸ† Wen fantastiese pryse!

✨ BONUS! Met elke Bingo-rondte is daar ook addisionele pryse om te wen. Hoe meer rondtes jy speel, hoe meer kanse het jy om met iets huis toe te gaan!

Moenie hierdie gesellige aand misloop nie. Merk jou kalender, bring jou geluk en jou lag, en kom kuier saam.

πŸ“… Vrydag, 7 Augustus 2026
πŸ“ Bredasdorp Rolbalklub

πŸ“ž Bestel jou boerie rol voor Woensdag, 5 Augustus by 082 47 00 272

Ons sien uit daarna om saam met julle 'n onvergeetlike aand van pret, pryse en goeie geselskap te geniet! πŸŽ‰πŸ₯³

🎳 Entries are NOW OPEN for the Bredasdorp Bowls Club Mixed Classic 2026! 🎳Get your team together and join us for a fanta...
02/07/2026

🎳 Entries are NOW OPEN for the Bredasdorp Bowls Club Mixed Classic 2026! 🎳
Get your team together and join us for a fantastic weekend of competitive bowls, great hospitality, and plenty of fun!
πŸ“… 15 & 16 August 2026
πŸ‘₯ Teams of 2 Men & 2 Ladies
🎯 6 games of 15 ends
πŸ’° R2 400 per team
The first round will be drawn, followed by strength vs strength for the remaining rounds, ensuring exciting competition throughout the weekend.
Spaces are limited, so don't wait too long!
πŸ“ž To enter, contact Kobus Fourie on 084 513 6879.
We look forward to welcoming clubs from across the region to Bredasdorp for another memorable Mixed Classic! πŸ†

Proud and honoured to be part of this community project. Together, we can make a real difference in the lives of those w...
12/06/2026

Proud and honoured to be part of this community project. Together, we can make a real difference in the lives of those we serve. ❀️

Hiermee wil ons graag ons opregte dank uitspreek teenoor lede van Bredasdorp Rolbalklub vir die ruimhartige skenking van nie- bederfbare goedere ten bate van ons vakansie program.

Baie baie dankie dat julle dit vir jaar 2 goed gedink het om die vakansie program so te ondersteun! Ons waardeer dit opreg πŸ™.

Elke donasie maak n verskil in n kind se lewe.

We are raising funds for a big tv and wine fridge! Please contact us if you would like to buy a raffle ticket…
06/05/2026

We are raising funds for a big tv and wine fridge! Please contact us if you would like to buy a raffle ticket…

29/04/2026

πŸ† BREDASDORP INTER-TOWN TEAMS ANNOUNCEMENT πŸ†

The 4 teams have officially been selected to represent Bredasdorp at the Bonnievale Mega Inter-Town Challenge Tournament on Saturday, 16 May 2026! πŸŽ‰

A quick explanation for club members on how the tournament works:

Each town enters 4 Trips teams, ranked from 1 to 4. During the day:
πŸ₯‡ Team 1 plays against the other towns’ Team 1
πŸ₯ˆ Team 2 plays against Team 2
πŸ₯‰ Team 3 plays against Team 3
πŸ… Team 4 plays against Team 4

There will be 5 rounds played during the day, with every town facing all the other towns. It’s a β€œwinner takes all” format, so every game and every shot counts! πŸ”₯

We wish all our selected players the very best as they represent the club and town with pride. πŸ’™πŸ’›

Supporters are encouraged to travel along and cheer the teams on! 🚌

Wat β€˜n trotse oomblik vir ons klub πŸŒΏπŸ†Baie geluk aan ons lede Stiaan en Daniel, asook ons dubbel lid John, met hul deelna...
16/02/2026

Wat β€˜n trotse oomblik vir ons klub πŸŒΏπŸ†

Baie geluk aan ons lede Stiaan en Daniel, asook ons dubbel lid John, met hul deelname aan die Boland Novice Enkels Finaal wat Sondag 15 Februarie op Worcester plaasgevind het. Julle toewyding en harde werk het beslis vrugte afgewerp en ons is ongelooflik trots op elkeen van julle.

β€˜n Spesiale en uitbundige gelukwensing aan Stiaan wat gekroon is as die Boland Novice Enkel Kampioen van 2026 πŸ₯‡πŸ‘‘
Dis β€˜n prestasie wat nie net vaardigheid wys nie, maar ook deursettingsvermoΓ« en ware sportgees.
Mag hierdie oorwinning net die begin wees van nog groter hoogtes. Ons vier saam met julle! πŸŽ‰πŸŒŸ

Hi almal!Ons baie gewilde Besigheidsliga skop volgende week af. Ons het ongelukkig β€˜n onttrekking gehad vir Woensdae aan...
29/01/2026

Hi almal!

Ons baie gewilde Besigheidsliga skop volgende week af. Ons het ongelukkig β€˜n onttrekking gehad vir Woensdae aande en is opsoek na β€˜n besigheid/ vriende kring of net lekker mense om die g*t te vul. Laat weet vir Stephan indien jy belangstel!

Moenie uitmis nie, die kos is lekker, die vibe is lekker, die mense is lekker okayyyyy alles is net lekker hier!

Address

27A Buitekant Street
Bredasdorp
7280

Opening Hours

Monday 17:00 - 20:00
Tuesday 17:00 - 20:00
Wednesday 17:00 - 20:00
Thursday 17:00 - 20:00
Friday 17:00 - 20:00

Telephone

+27834557143

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Bredasdorp Rolbalklub posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Bredasdorp Rolbalklub:

Shortcuts

Share

Category