Spring - JVR Rebounding Studio

Spring - JVR Rebounding Studio -Rebounding Studio

Te lekker om Drostdy se toutrek span gister by Spring te kon hê vir 'n oefen sessie💪Hierdié manne gaan in September Suid...
03/06/2026

Te lekker om Drostdy se toutrek span gister by Spring te kon hê vir 'n oefen sessie💪

Hierdié manne gaan in September Suid-Afrika verteenwoordig by die Wêreldkampioenskappe.

Mag julle geseënd wees in julle voorbereiding en toegewydheid 🙏

Worcester Arbeidsbediening se jaarlikse > 1-Uur Uitdaging!Colour Runners🏃‍♀️🏃‍♀️Well done dames, ons het verseker uitges...
19/03/2026

Worcester Arbeidsbediening se jaarlikse >
1-Uur Uitdaging!

Colour Runners🏃‍♀️🏃‍♀️

Well done dames, ons het verseker uitgestaan bo die res. Dit was lekker om dié tradisie saam met julle te geniet, volgende jaar maak ons weer so 😃

Hip Hip Hoera, Spring Verjaar 🎂Spring, vandag is jy 'n volle 5 jaar oud! Ek kan dit amper nie glo nie, my hart loop werk...
19/01/2026

Hip Hip Hoera, Spring Verjaar 🎂

Spring, vandag is jy 'n volle 5 jaar oud!

Ek kan dit amper nie glo nie, my hart loop werklik oor van dankbaarheid.

Dankie Jesus vir hierdié groot voorreg. U het dié idee op my hart gelê, want U wou hê ek moet aardse sukses en prestasies prysgee vir U groter plan. Die somme was waensinnig en dalk lag party mense nogsteeds oor my besluit om op n trampoline te spring instede daarvan om 'n suksesvolle loopbaan na te streef.

Spring vir my is jy die definisie van sukses. Jy is nie die grootste, beste of trendyste gym nie, maar jy is 'n veilige en gemaklike hawe vir elke vrou wat die Here deur jou voordeur laat instap. Jy bring die mooiste vroue op 'n intieme wyse bymekaar wat saam mekaar se laste en uitdagings kan dra, mekaar bemoedig en sommer net lekker saam daaroor kan lag. Mens besef hoe belangrik gemeenskap is en hoe nodig ons mekaar het. Om saam fikser en sterker te word is sommer net n lekker byvoordeel van Spring en sjoe well done vir elkeen van julle, want julle oefen eintlik bitter hard!

Dankie vir elke vrou wat al deel was van Spring en wat vandag steeds deel is, sonder julle sou Spring nie kon bestaan of wees wat dit is nie. Mag die Here se seën werklik oor elkeen van julle wees, in vrou en mamma wees en mag Sy lig aanhou om deur elkeen van julle te skyn oral waar julle gaan.

Spring Liefde X

Nuwejaars Promosie:1ste Sessie gratis + Sluit aan, kry nog 1x sessie gratis!!DM my vir navrae.
05/01/2026

Nuwejaars Promosie:

1ste Sessie gratis + Sluit aan, kry nog 1x sessie gratis!!

DM my vir navrae.

Stappies en Geselsies 🫶2025 is alweer op sy einde, kan julle glo? Dankie vir elke Spring vroutjie wat hierdié jaar deel ...
06/12/2025

Stappies en Geselsies 🫶

2025 is alweer op sy einde, kan julle glo?

Dankie vir elke Spring vroutjie wat hierdié jaar deel was van Spring. Julle is pragtige vroue, sterk in soveel opsigte. Julle is die hart van julle huise wat almal se verantwoordelikhede moet dra. Julle het werksverpligtinge van julle eie wat ook baie uitdagings vir julle gee. Soms moet julle geduldig wees met bekommernisse en deure wat moet oopgaan en tog kom die Here altyd vir julle deur en is dit so kosbaar om julle getuienisse te hoor. Julle het altyd n positiewe en bemoedigende woord vir mekaar en soms kan julle ook net lekker nonsens praat 😉
Dankie dat jy vir jouself die tydjie gun om saam te kom oefen, ten spyte van die verwagtinge van die lewe. Sonder jou het Spring nie bestaan nie!

Mag elkeen van julle hierdié vakansie tyd saam met julle geliefdes geniet en mag die feestyd vir julle kosbaar wees 🫶

Kom oefen lekker saam met ons Woensdagaand!Gesonde pret vir die hele gesin 😃DM my as jy wil kom.
12/10/2025

Kom oefen lekker saam met ons Woensdagaand!

Gesonde pret vir die hele gesin 😃

DM my as jy wil kom.

HIIT klas môre aand, moenie dit misloop nie!DM my vir meer inligting.
16/09/2025

HIIT klas môre aand, moenie dit misloop nie!

DM my vir meer inligting.

Kom oefen lekker saam met ons!
28/08/2025

Kom oefen lekker saam met ons!

21/08/2025
Kom probeer gerus 'n gratis oefen sessie saam met ons! Kontak my vir meer inligting.
23/07/2025

Kom probeer gerus 'n gratis oefen sessie saam met ons!

Kontak my vir meer inligting.

Address

R43
Breërivier
6857

Telephone

+27713544422

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Spring - JVR Rebounding Studio posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Spring - JVR Rebounding Studio:

Shortcuts

Share