Brakpan Junior Rugby Club/Klub

Brakpan Junior Rugby Club/Klub Junior rugby for under 6 years to under 18 years team building and skill development.

03/09/2026
03/09/2026

Namens Brakpan Jeug Rugby klub wil ons net graag vir elke speler, ouer, afrigter, spanbestuurder en bestuurslid en familie lid ,baie dankie sΓͺ vir julle opkoms gestraand by die massagebed.

Dit was regtig besonders om te sien hoe ons almal saam staan en saam gebid het vir een van ons ouers wat tans kritiek in die hospitaal is.
Dit is in tye soos hierdie wat ’n mens besef wat dit beteken om deel van die Brakpan-familie te wees. Ons staan saam, ons ondersteun mekaar en ons dra mekaar deur moeilike tye.
Saam is ons sterk. Saam is ons Brakpan.

Aan die Korff-familie wil ons graag baie sterkte toewens. Weet asseblief dat julle in ons gedagtes en gebede is. Mag julle krag en moed ontvang vir die moeilike tyd wat voorlΓͺ.
Ons staan saam met julle.

πŸ‰πŸ’š SATERDAG IS JUNIOR RUGBY-DAG! πŸ’šπŸ‰Kom geniet ’n lekker dag vol junior rugby, gees, familie en hope pret by Bosman Stadi...
20/08/2026

πŸ‰πŸ’š SATERDAG IS JUNIOR RUGBY-DAG! πŸ’šπŸ‰

Kom geniet ’n lekker dag vol junior rugby, gees, familie en hope pret by Bosman Stadion! 🏟️πŸ”₯

πŸ“… Saterdag
πŸ“ Bosman Stadion
⏰ Wedstryde begin reeds 07:00!
πŸš—R20.00 per kar
🧍R20.00 per persoon

Bring die hele familie, kom ondersteun ons jong rugbyspelers en geniet die lekker atmosfeer langs die veld! πŸ™ŒπŸ‰

πŸŽ‰ Lekker rugby
πŸ“£ Groot gees
🍴 Lekker kos
πŸ₯€ Drink goed beskikbaar - Bar en Snoepies
πŸ‘¨β€πŸ‘©β€πŸ‘§β€πŸ‘¦ Familiepret
πŸ‰ Jong talent in aksie
πŸ’š En natuurlik… Brakpan-gees!

Maak ’n dag daarvan en kom ondersteun, skree en geniet die rugby saam met ons! πŸ”₯πŸ’š

Sien julle Saterdag by Bosman Stadion in Brakpan πŸ‰πŸ’š

πŸ‰πŸ’š ONDER 12 – MET TROTS GEBORG DEUR HOME SEALD πŸ’šπŸ‰Ons Onder 12-span dra hierdie seisoen met groot trots die naam van Home...
10/08/2026

πŸ‰πŸ’š ONDER 12 – MET TROTS GEBORG DEUR HOME SEALD πŸ’šπŸ‰

Ons Onder 12-span dra hierdie seisoen met groot trots die naam van Home seald op hul rugbydrag. πŸ™Œ

Ons wil graag hierdie geleentheid gebruik om ons opregte dank en waardering aan Home seald uit te spreek vir hul ondersteuning en bereidwilligheid om in ons jong rugbyspelers te belΓͺ. ’n Borg se ondersteuning beteken soveel meer as net ’n mooi rugbytrui – dit wys dat daar mense en besighede in ons gemeenskap is wat glo in die jeug, sport en die ontwikkeling van ons kinders. πŸ’š

Danksy Home seald kan ons spelers en afrigters die veld betree met trots, selfvertroue en ’n professionele voorkoms. Ons is ongelooflik trots op hoe mooi ons Onder 12-span lyk!

Aan ons Onder 12-spelers en afrigters – dra die kleure met trots, speel met hart en onthou altyd dat julle deel is van iets groter. Julle verteenwoordig nie net julleself nie, maar ook julle span, julle ouers, julle afrigters, Brakpan Jeug Rugbyklub en natuurlik ons gewaardeerde borg, Home seald. πŸ‰πŸ’š

🀝 Home seald, baie dankie dat julle saam met ons staan en help om ’n positiewe verskil in ons jeug se rugbyreis te maak.
Ons waardeer julle ondersteuning opreg en sien uit daarna om saam met julle hierdie seisoen vol trots te beleef!

Saam bou ons aan die toekoms van rugby.
Saam groei ons. Saam speel ons. Saam wen ons! πŸ‰πŸ’š

πŸ‰πŸ’š STERKTE AAN ONS SENIORS – JULLE HET DIE HELE JUNIOR KLUB AGTER JULLE! πŸ’šπŸ‰Aan al ons Senior spelers wat Saterdag, 15 Au...
10/08/2026

πŸ‰πŸ’š STERKTE AAN ONS SENIORS – JULLE HET DIE HELE JUNIOR KLUB AGTER JULLE! πŸ’šπŸ‰

Aan al ons Senior spelers wat Saterdag, 15 Augustus 2026, in julle groot finale uitdraf – ons wens julle alle sterkte, sukses en voorspoed toe! πŸ†πŸ”₯

Van die kleinste junior tot die grootste junior, staan ons bankvas agter julle. Julle verteenwoordig nie net julleself op die veld nie – julle dra die kleure, trots en naam van ons klub saam met julle. πŸ’š

Ons juniors kyk op na julle en sien julle as ’n voorbeeld van wat dit beteken om hard te werk, nooit op te gee nie en saam as ’n span te veg. πŸ’ͺπŸ‰

Gaan speel met trots. Gaan speel met hart. Gaan gee alles op die veld!
Ons sal van die kantlyn af skree, ondersteun en elke meter saam met julle beleef! πŸ“£πŸ’š
Die Junior Klub staan agter julle!
Een klub. Een span. Een familie. πŸ’šπŸ€

SAAM STAAN ONS STERK! πŸ†πŸ”₯
πŸ“… Saterdag, 15 Augustus 2026
πŸ“ Bosman Stadion, Brakpan
Kom ons wys ons seniors hoeveel ons hulle ondersteun! πŸ‘πŸ‰πŸ’š


Brakpan Rugby Klub / Club 1921

09/08/2026

Die wagtyd is amper verby! Volgende Saterdag, 15 Augustus, speel al drie Brakpan Rugbyklub-spanne in die Valke Peregrine Liga-finaal.

πŸ‰ O/21 vs Vereeniging
πŸ‰ 2de Span vs Springs
πŸ‰ 1ste Span vs Vereeniging

Kom vul Bosman Stadion met groen, wit en swart en ondersteun ons spelers soos net Brakpan kan! πŸ’šπŸ–€πŸ€

πŸ“ Bosman Stadion, Brakpan
πŸ—“οΈ 15 Augustus 2026

🟒βšͺ️Jou dorp, jou mense, JOU SPAN!!βšͺ️🟒

Brakpan pom-poms
08/08/2026

Brakpan pom-poms

Brakpan onder 9 span
08/08/2026

Brakpan onder 9 span

Brakpan onder 8 spanne
08/08/2026

Brakpan onder 8 spanne

Ons onder 13 spanFriendly wedstryd.
08/08/2026

Ons onder 13 span
Friendly wedstryd.

Address

Abercorn Avenue
Brakpan
1540

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Brakpan Junior Rugby Club/Klub posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Shortcuts

Share