11/01/2025
Met die die 2025 Last Man Stands Cape Winelands seisoen wat môre afskop, is dit nou die regte tyd om terug te kyk na die hoogtepunte van 2024🔥
27 Januarie 2024: Ons het die jaar begin met 'n Dag wat nog lank onthou sal word toe ons deelneem aan die Jaarlikse Wellington Cricket Club 6 a side. In die aangehegde foto geniet ons 'n welverdiende koue een in die swembad!
4 Februarue 2024: Ons speel in die Bronze finaal van ons Liga by Brackenfell Action Sports Arena en wen die wedstryd en daarmee natuurlik die Bronze medalje! Baie dankie aan die Samurai's vir n great game!
3 Maart 2024: Ons speel vir die eerste keer by Hermanus Cricket Club in 2 vriendskaplike wedstryde en wen albei games! Hoogtepunte van die dag sluit in Christopher Swart se Boetie burgers en Edrich Ackermann se 2 home runsâš¡
14 April 2024: Ons maak die finaal van die Kraaifontein Cricket Club LMS Liga, maar verloor ongelukkig met 1 lopie. Ongeag, was die seisoen top gewees en defnitief n goeie 1ste seisoen vir BSA Blitz
28 April 2024: Elgin 8s skop af en daarmee saam speel ons op die dag op 1 van die mooiste krieketvelde daar buite! Ons wen die Toernooi in 'n hoogs kompeterende Ligaâš¡
9 Junie 2024: Die groot dag breek aan en ons gaan in die B2 Goud finaal as underdogs na D8 die Liga heeltemal hul eie gemaak het. Ons bat 1ste en slaan 61 wat ons self gedink het te min was. Nietemin het ons terug baklei en vir D8 tot 44 gelimit. Ons wen op die dag Goud. Wel gedaan aan Morne Groenewald wat met die speler van die wedstryd toekenning weg stap!âš¡
24 Augustus 2024: TYD VIR ARMADILLOS. Edrich, Morne en Ashley Carroll verteenwoordig vir Blitz as deel van die Monsoons. Na 3 Lang weke en hoogs kompeterende krieket stap die Monsoons weg as algehele Goud wenners in die 1ste Jaarlikse ARMADILLOS toernooi! Op die dag verloor Ashley ook toe al sy hare!
15 September 2024: Ons speel oms 1ste 11 man wedstryd teen KLEINMOND KRIEKET KLUB in n 35 over vriendskaplike wedstryd. Ons wen die wedstryd waarvan die hoogtepunt Lechloe se 67* was en JT Schoeman se 6 paaltjiesâš¡
14 Desember 2024: Ons sluit die jaar af met die Velddrif 6ixes waar ons in die Beste gereelde 6 a side toernooi speel wat Ek persoonlik al ervaar het! Dankie Melvin vir die dag! Ons slaap die aand oor in St. Helenabaai en daarmee ook die jaar âš¡
Baie dankie 2024, ons sien uit na 2025
Groete
Edrich,Morné en BLITZ!