30/08/2026
2026 Dagbreek Hengel Klub
Prysuitdelingsfunksie.
Wat 'n voorreg om deel van hierdie klub te wees!!
Baie dankie aan ons komitee lede wat gister ingespring en gehelp het om die saal en die trofee tafels so spoggerig te laat lyk.
Ons het weereens ons hengelaars vereer vir hulle uitstekende prestasies gedurende die afgelope hengeljaar!!
Baie geluk aan elkeen wat met 'n trofee weggestap het. Julle harde werk en toewyding was nie verniet nie.
Baie dankie aan Marthinus en Mickey Eloff wat vir ons die smaaklike kos voorberei het. Dit was heerlik.
Elke lid wat die funksie bygewoon het, aan julle 'n hartlike dankie vir die toewyding en ondersteuning.
Ons het lekker saam gekuier, lekker geeët en gedans.
Baie geluk aan ons Klub Kampioene vir 2025/2026
Penkoppe : Stian Eloff
Juniors : Bjorn Hin
Dames : Monique Venter
Veterane : Pote van Rensburg
Meesters : James Hobbs
Seniors : Marius Smith
Algehele Wenner : James Hobbs
Top 10 Hengelaars vir die Jaar :
James Hobbs
Marius Smith
Gielie van Wyngaardt
Marthinus Eloff
Johan Venter
Philip van Wyk
Morné Saayman
Pote van Rensburg
Monique Venter
Bjorn Hin