05/09/2026
’n Spesiale dag vir Bethlehem Gholfklub se juniors
Vandag, 5 September, was 'n baie spesiale dag by Bethlehem Gholfklub, want dit was tyd vir ons jaarlikse Junior Klub Kampioenskappe
Die juniors het vandag 36 gate aangepak – en dit was beslis nie maklik nie! Die wind het behoorlik gewaai en het die gholf sommer ’n ekstra uitdaging gemaak. Maar ons juniors het deurgedruk en mooi gholf gespeel.
Baie geluk aan die wenners:
⛳️Junior Klub Kampioen 2026: Bokang Tshabangu – 169 Gross
⛳️Best Nett: Jayden McLeod – 146 Nett
⛳️Second Best Nett: Lize Janse van Rensburg – 150 Nett
Baie geluk Bokang, Jayden en Lize! Julle kan baie trots wees op julleself.
Baie dankie ook aan Dewald & Tessa Mcleod wat die pryse geborg het vir die Junior Klub Kampioenskappe.