04/05/2026
Dit is met βn ongelooflike swaar hart dat ons verneem het van die afsterwe van die pragtige prinses, Leah.π
Liewe Leah, jy was so klein, maar jou gees was groter as wat woorde ooit kan beskryf. Jy het vir ons almal soveel krag, moed en inspirasie gegee.
Ons sal jou altyd onthou vir jou oulike manier β hoe jy trots jou βmusclesβ gewys het en daardie spesiale oogknik wat net jy so perfek kon doen. Dit was iets besonders, iets wat elkeen van ons laat glimlag het, maak nie saak hoe moeilik die dag was nie.
Jy het βn lig gehad wat βn hele span kon ophelder.
Elke wedstryd wat ons in jou naam gespeel het, het ons alles gegee β elke pas, elke beweging, elke oomblik op die baan was vir jΓ³ΓΊ. Jy het ons herinner hoekom ons speel, hoekom ons veg en hoekom span gees so belangrik is. Jou moed en veggees het diep spore in ons harte gelos.
Nico Els en Katelynn Els , daar is werklik geen woorde wat hierdie pyn kan dra of verlig nie. Ons as ringbal familie kan onsself nie indink hoe swaar hierdie verlies vir julle is nie. Al wat ons kan sΓͺ, is dat julle nie alleen is nie. Ons dra julle in ons gedagtes, ons gebede en in elke traan wat ons saam met julle huil.π
Mag julle troos vind in die mooi herinneringe β in elke glimlag, elke oogknik en elke klein βmuscleβ wat sy met soveel trots gewys het. Leah sal vir altyd deel wees van ons span, van ons harte en van ons storie.
Rus sag, liewe prinses Leah. π
ππ .. 2,3 Leah!!