01/06/2025
L’Agulhas Jukskeiklub hou suksesvolle Rondomtalie-dag
Die L’Agulhas Jukskeiklub het op Saterdag, 31 Mei 2025, ’n gesellige en suksesvolle Rondomtalie-dag aangebied met 18 lede wat ingeskryf het. Die dag was gevul met opwinding, goeie sportmanskap en heerlike verversings.
’n Groot dankie aan al die plaaslike besighede wat ruimhartig pryse geborg het – julle ondersteuning maak ’n groot verskil en word opreg waardeer.
Wenners van die dag:
• Mans-afdeling: André Theron
• Dames-afdeling: Vivian Badenhorst
Ons hoop om hierdie toernooi ’n jaarlikse instelling te maak en nooi graag nuwe en ou spelers uit om saam te kom gooi.
Kom sluit aan by die klub:
📍 Dinsdae en Donderdae vanaf 13:30
📍 Saterdae vanaf 09:30
Almal is welkom – bring jou goeie humeur en gooi saam!