PHS Hokkie

PHS Hokkie PHS Hokkie bevorder al die Hokkiespelers van Hoërskool Pietersburg op ons eie Astro Hokkiebaan. PHS het die heel eerste Astro in Limpopo gebou.

14/01/2023
0/14 HOKKIEDOGTERS SPEEL HARTE UIT BY NOORDVAALDie span Speel gelyk op 2-2 teen Waterkloof en speel gelyk op 0-0 teen Mo...
10/08/2022

0/14 HOKKIEDOGTERS SPEEL HARTE UIT BY NOORDVAAL

Die span Speel gelyk op 2-2 teen Waterkloof en speel gelyk op 0-0 teen Montana, maar wen Alberton 2-0.

Hulle eindig 2de in hulle poel.

Hulle verloor ongelukkig die kwarteind teen Transvalia 2-1 en 3-0 teen Noordheuwel in die semi.

Daarna speel hul uit vir 7/8 teen HTS Middelburg en verloor 3-1.

Dankie meisies dat jul deur moeilike omstandighede vasgebyt het!

O/16 HOKKIEDOGTERS PRESTEER BY NOORDVAALDie 0/16 hokkiedogters het gedurende die langnaweek deelgeneem aan die Noordvaal...
09/08/2022

O/16 HOKKIEDOGTERS PRESTEER BY NOORDVAAL

Die 0/16 hokkiedogters het gedurende die langnaweek deelgeneem aan die Noordvaal toernooi by Hoërskool Noordheuwel.
Hier het hul drie groep wedstryde gespeel en uitstekend gevaar.

🏑Wen 1-0 vs Garsfontein
🏑Wen 5-0 vs Midstream
🏑Wen 3-1 vs Hugenote

PHS eindig eerste in die poel.

Hulle wen 1-0 teen Ligbron in die kwarteind en in die semifinaal wen hul 2-1 teen Potch Gimnasium.
Hulle het naelbyt eindstryd gehad teen Monument. Eindig gelyk en is steeds gelyk na die 8 seconds. Hul verloor egter in sudden death teen Monument.

Die dogters eindig dus algeheel 2de by die Noordvaal toernooi. Ons is baie trots op hulle en hulle afrigter!

PIETIES O/15 HOKKIEDOGTERS BY NOORDVAALDie o/15 Hokkiedogters het ook die afgelope naweek aan die Noordvaal deelgeneem e...
09/08/2022

PIETIES O/15 HOKKIEDOGTERS BY NOORDVAAL

Die o/15 Hokkiedogters het ook die afgelope naweek aan die Noordvaal deelgeneem en as volg gevaar:
Verloor Affies 2-0
Wen Midstream 5-0
Wen Marais Viljoen 6-1
Hulle eindig dus 2de in die poel.

Die span verloor ongelukkig teen Waterkloof 3-0 en speel semi's vir plekke 5 tot 8.

Hulle wen toe die semi teen Ermelo 4-2.

Speel vandag vir plek 5/6 teen Affies.

Welgedaan aan die span!
Baie sterkte met die laaste wedstryd.

PIETIES EERSTES BY TOP TOERNOOIDie Eerstespan hokkie speel in die Rising Challengers Cup waar die top skole van SA volge...
08/08/2022

PIETIES EERSTES BY TOP TOERNOOI

Die Eerstespan hokkie speel in die Rising Challengers Cup waar die top skole van SA volgens hul rankings speel.
Die skole by hierdie toernooi is basies nr 13-24 op SA Schools rankings.
Ons speel tydens die pool wedstryde teen;
-Afrikaans Hoër Meisieskool Pretoria
Verloor 0-1
-St Cyprian's School
Gelyk 2-2
-St Anne's DSG
Gelyk 1-1
-HS Sasolburg
Verloor 3-4
-Die Hoër Meisieskool Bloemhof
Verloor 1-2
Eindig 6e in pool

Uitspele teen die nr 6 van die ander pool
Paarl Girls High
Wen 2-1

PHS se Eerstespan word geklas onder die Top 24. Hierdie meisies het vir seker PHS se naam hoog gehou tydens die toernooi.

Ons is trots op julle!

EERSTESPAN HOKKIESEUNS HOU ONS NAAM HOOG BY NOORDVAAL 2022Die Eerstespan seuns het die afgelope paar dae in Krugersdorp ...
07/08/2022

EERSTESPAN HOKKIESEUNS HOU ONS NAAM HOOG BY NOORDVAAL 2022

Die Eerstespan seuns het die afgelope paar dae in Krugersdorp deelgeneem en as volg presteer:

DAG 1 Poelwedstryde:
Wen Midstream 2-1
Speel gelykop teen Middelburg 1-1
Eindig 2de in Pool

DAG 2 Kwarteind:
Speel teen Waterkloof en verloor 0-1 in die laaste 3 minute van die wedstryd.

Semi-finale:
Speel teen Dr Malan en wen 6-0

DAG 3
Finale (speel vir plek 5-6)
Verloor teen Middelburg 2-1 en eindig algeheel 6de.

Welgedaan aan hierdie seuns en hulle afrigters!

O/14 HOKKIESEUNS SKITTER BY NOORDVAAL Die toernooi het op Hoërskool Pietersburg se Astro- hokkieveld vanaf 4- 6 Augustus...
06/08/2022

O/14 HOKKIESEUNS SKITTER BY NOORDVAAL

Die toernooi het op Hoërskool Pietersburg se Astro- hokkieveld vanaf 4- 6 Augustus plaasgevind. PHS se o/14- hokkiespan het met skitterende spel vorendag gekom en weereens gewys waarom PHS definitief onder die top- hokkieskole tel. Die seuns het met die spanne van Potchefstroom Gimnasium en Midstream College in hul poelwedstryde afgereken. In die kwarteind wen hul Generaal Hertzog van Witbank 3-0 en in die semifinaal klop hul Hoërskool Rustenburg 2-1. Die finaal tussen PHS en Hoërskool Menlopark was n opwindende en aanskoulike wedstryd gewees. Menlopark slaag egter in daarin om PHS 2-1 te klop. Hierdie Pietieseuns en hul afrigter, mnr Jan Grobler is dus die trotse silwer medaljewenners van 2022.

Welgedaan Pieties!

27/07/2022

Annelize Rostron het hierdie geleentheid gekry tydens die 2022 Vroue Hokkiewêreldbeker wat in Spanje en Nederland vanaf 1-17 Julie plaasgevind het.

PIETIE ONNIE PRESTEERNa afloop van die Interprovinsiale Dames Hokkietoernooi is ons eie juffrou Lianca Rall gekies vir d...
17/07/2022

PIETIE ONNIE PRESTEER

Na afloop van die Interprovinsiale Dames Hokkietoernooi is ons eie juffrou Lianca Rall gekies vir die SA Dames "Country Districts" span.
Die Limpopospan vir wie sy gespeel het, het ook met silwermedaljes weggestap tydens die toernooi.
Baie geluk juffrou Lianca. Ons is trots op jou!

11/07/2022

Congratulations to who achieved her golden whistle!

We are immensely proud of you!

10/07/2022

100 INTERNASIONALE WEDSTRYDE AGTER ANNELIZE ROSTRON SE NAAM!

Oud-Pietie, Annelize Rostron is tans in Nederland by die by die 'FIH Woman's World Cup 2022'.

Sy het vanoggend haar 100e amptelike Internasionale wedstryde geskeidsreg.

Baie geluk Annelize!

VYF PIETIES DEEL VAN N LIMPOPO WENSPAN!Vanjaar se Limpopo o/18 IPT span het behoorlik die aandag op ons provinsie ingest...
02/07/2022

VYF PIETIES DEEL VAN N LIMPOPO WENSPAN!

Vanjaar se Limpopo o/18 IPT span het behoorlik die aandag op ons provinsie ingestel na hul met ongelooflike spel uitstekend presteer het.

Die span het na al vyf hul poel wedstryde daarin kon slaag om bo aan die punteleer te eindig. Hul poel wedstryde het bestaan uit Noord-Kaap A, Suid-Gauteng B, KZN Coastals B, Noord-Wes A en KZN Inland B.

In die Semi-finaal het die span ongelukkig vasgeval teen Suid Vrystaat B en moes die vir plekke 3/4 uitspeel.

In 'n riller wedstryd kon hierdie span daarin slaag om Westelike Provinsie 4-3 te klop en algeheel derde van die 12 spanne te eindig.

Ons wens hierdie dogters baie geluk met hierdie mooi prestasie

Adres

Amstelveen

Website

Meldingen

Wees de eerste die het weet en laat ons u een e-mail sturen wanneer PHS Hokkie nieuws en promoties plaatst. Uw e-mailadres wordt niet voor andere doeleinden gebruikt en u kunt zich op elk gewenst moment afmelden.

Delen