20/01/2026
Goeie naand almal. Voorspoedige nuwe jaar vir almal, die eerste maand is al verby en ek besef almal wil hulle beplanning doen vir 2026 my tyd het gevlieg.
Ek moes ook belangrike besluite neem sodat ek my dinge kan beplan en met my hart in die offroad motorfiets sport soos almal weet, is dit nie maklik nie en ek bly uitstel met die hoop dat ek iewers die tyd daarvoor sal kan maak.
Ek gaan ongelukkig tot my spyt vir 2026 nie die resiese kan aanbied nie en ek hoop dat ek dalk weer in 2027 sal kan. Ek het einde laasjaar die geleentheid gekry om n paar groot projekte te doen wat meeste van my tyd in beslag gaan neem, maar ek moes dit aangryp omdat dit ook een van die passies is in my lewe net soos die motorfietse, waarvoor ek die laaste 4 jaar alles en al my tyd gegee het terwyl ek kon.
My wens is dat julle die manne in Kimberley en in die Kaap sal ondersteun hierdie jaar. Kobus Kroon in die Kaap en Warrick van Schalkwyk in Kimberley doen wat ek hier gedoen het, gaan ondersteun hulle. Ek is steeds beskikbaar vir enige raad en hulp. Ek glo my onbaatsugtige moeite die laaste 4 jaar om die sport te help vestig sal nie ongesiens verby gaan nie en dat ek dit sal kan hervat in 2027, ek is dankbaar dat ek kon deel wees daarvan die laaste 4 jaar. Sterkte vir almal en geniet die bike ry. 🙏🙏
Ek plaas bogenoemde boodskap van Riaan soos hy dit op whatsapp groep gestuur het.
Ek wil graag en ek glo ek praat namens ons almal vir Riaan sê DANKIE! Dit is so ñ klein woordjie met ñ groot betekenis. Dankie vir elke race, dankie vir elke opoffering, as dit nie vir Riaan was nie sou ons kinders nooit die geleentheid gehad het om hierdie sport te kan beoefen nie.
Dit is ñ groot hartseer hierdie vir almal van ons maar ons verstaan dat Riaan baie werk het en nie net races aanbied nie. Baie sterkte vir jou met al jou projekte.
Dan ook vir Wouter van Zyl! Ek weet nie hoe ons ooit vir hom dankie sal kan sê vir alles wat hy gedoen en beteken het vir hierdie klub nie. Baie baie dankie Wouter!
Daar is nog CORR races in Kimberley en dit is ook ñ lekker race gemeenskap soos hier by ons. Kom ons gaan ondersteun hulle.
Ek wil tog vra as daar iemand is wie bereid sal wees om wel die Upington races oor te vat ASSEBLIEF help ons. Help ons kinders om hulle liefde vir hierdie sport te beoefen. Dit is al sport wat van hulle beoefen.
Ouers het baie uitgawes aangegaan en nie almal sal in die vermoë wees om wel die Kimberley races te race nie.
Dit gaan tog net oor ons kinders oor niemand en niks anders nie. As mense bereid sou wees dat ons ñ vergadering belê en kyk hoe ons hierdie races aan die gang kan hou, ASSEBLIEF stuur vir my ñ whatsapp op 072 605 9627
Vriendelike groete
Madelein Wandrag