27/07/2022
ππ½ππ½ππ½ππ½
Ilandrie du Plessis het die jaar aan die bergfiets XCO reeks deel geneem en haar resultate is as volg na afloop van die reeks.
Sy het tydens die XCO SA kampioenskappe te Bloemfontein, 'n 6de plek behaal die dag en 'n 2de plek onder die WP ryers. Sy eindig na afloop van die seisoen in die 7de plek op die SA ranglys, in haar ouderdom, wat haar dan op diè ranglys die nr 1 WP ryer maak. Al kon sy nie die jaar aan al die werdrenne deelneem nie, is ons steeds baie trots op haar.
Sy neem ook deel aan die XCM reeks waar sy tydens die Meiringspoort wedren 'n algehele 1ste plek vir vroue behaal het sovel as 1ste in haar ouderdoms groep, wat haar dan nr 1 op die ranglys sover maak vir die seisoen. Sy neem Saterdag, 30 Julie 2022 deel aan die volgende XCM wedren te Lambertsbaai. Ons glo sy sal ook hier die skool se naam hoog hou. Baie sterkte!