Leke Kampers

Call Contact the business

Leke Kampers Met Leke Kampers wil ons wys dat kamp en travel nie ingewikkeld hoef te wees nie. Maak jou volgende reis, LEKE...

Ons deel ons ervarings, wenke en (partykeer) ons foute – om die lewe makliker te maak vir beide die onervare én ervare kamper.

11/11/2026

In die middel van die woestyn

Ons is vandag op 'n uitstappie in die woestyn.

Kameel ry, 4x4 jaag, die mooiste woestyn sons ondergang en ons sluit af met 'n aandete en 'n paar shows.

Hier begin ons met die dag.

09/11/2026

Swaar dra al aan die eenkant...

Ons land in en moet nou 'n trein vat na 'n bus stasie.

Metro is leke vinnig.

Met die bus ry ons dan so 91km tot by die naaste ander bus stasie.

Klim dan af en ry taxi tot by ons blyplek vir die naweek.

Vir nou dra ons 7 items tussen ons.

Hier kom ons nou

06/11/2026

Ons gaan NOU braai!

Glo dit of nie.

Mens kan braai in

Ons is oppad toe, maar voor ons vlieg moet ons ietsie eet.

Wat van 'n braai?

Kon nie glo ons kry kans vir braai nie. Dit nog in 'n restaurant ook.

So ons gaan julle wys wat ons gebraai het op 'n later stadium.

Hier is die uitleg.

04/11/2026

Naglewe in

Ons is oppad na 'n restaurant toe en die eerste gedeelte het ons 'n 30 min trip op die water.

Ons SA groep bymekaar.

Dis natuurlik vanaand aand mark- so die rivier is vol boodjies wat mense uitvat.

Ons sal wys wat hulle doen in 'n ander video.

Vir nou.... geniet hierdie.

03/11/2026

Dis wat oor naweke gebeur...

Ons het julle die brug gewys met die draak op- "Dragon Bridge"

Hier is hoe hy vuur blaas naweke.

Iets anders om te sien as dit so gaan.

02/11/2026

Baie makliker

Hier in is die scooters die manier om te beweeg.

Makliker, vinniger en hopelik veiliger.

Dit vat so dag of 2 om die gewoontes aan te leer.

Hier druk hulle die ho**er om ander bewus te maak jy is naby.

1 as jy naby kom en 2 by 'n kruising.

Die verkeer vloei met minimale verkeersligte en beamtes.

Ons het nig net 1 keer polisie beamptes gesien en ons ry heeltyd rond.

Nie soos by ons nie.

Ons ry selfs in die reën rond

Almal hier is bedagsaam en kyk uit vir ander. Wel so hier en daar 'n kansvatter, maar darem nogsteeds veilig.

01/11/2026

Amper soos Rocky?

So voor ons gevlieg het, het ons die hele Rocky en Creed reeks flieks gekyk.

So terwyl Elizna Meyer 'n stel trappe sien terwyl ons by Ba Na Hills - Golden Bridge Sun World Da Nang Vietnam , is die challenge aan....

Sal ek dit kan doen?

Wel kyk hier.

Nie te bad vir 44 nie.

31/10/2026

Ken julle dit?

So TjekitKwagga het 'n video gemaak met die waterkoei.

Ek dink ons het die regte water koei gevind in ,

Hierdie oukies is heeldag in die lande besig om te eet.

As julle nog nie die water koei video gesien het nie, kyk dit eers voor jy die een kyk.

Hierdie is die youtube link:

https://youtu.be/Ynest2IiNAo?si=7XZfbxosakm0X_jE

Julle sal verstaan hoekom as julle beide gesien het.

Geniet hierdie een.

30/10/2026

Selfs internasionaal

Soos gewoonlik, waar ons is, reën dit.

So stop ons gou by 'n restaurant langs die pad terwyl die reën begin val.

Ons ry op 'n poegie en moet ter alle tye gereed wees vir die water.

Alles is anders om hier, ons hou aan die regter kant.

29/10/2026

Mis ons dit

Met die gevlieg, verslaap ons heel vir ontbyt, maar ons kon darem die brug sien.

Ons staan hier in , voor die Dragon brug.

Ons drink gou 'n Tiger B**r by Icon Rooftop Restaurant & Bar wat deel form van The View - Yacht Restaurant Booking.

Dit is 'n groot boot wat gebou is op die water en seker 4 of 5 verskillende plekke binne het, maar ek vermoed hulle is almal deel van mekaar.

Die "Dragon Bridge" is 'n moet sien as mens daar is.

Behalwe vir die ligte wat verkleur, blaas dit blykbaar oor naweke vuur uit.

Ons nou eers klaar in Meliá Vinpearl Danang Riverfront, ons skuif nou aan toe.

Address

Strand
7140

Telephone

+27842445563

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Leke Kampers posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Leke Kampers:

Shortcuts

Share