BOK SE Bosvark Oondjie

BOK SE Bosvark Oondjie Outdoor oven N moet he vir kamp,braai,potjie of sommer net lekker kos maak. Net die regte geskenk vir boeta,pa,oupa of n vriend. Bak brood in 50 min. Personalized!

Bak brood,vleis,vis of net wat jy in n oond maak. Plain Varkies R990
Termometer Varkie R1090
Logo/naam gesny R390
Naam gesny R280
Broodpan R150
Courier R150

400x400x400 Boma braai,3mm staal,slaan op en kom in sy sak! R2980

Bum warmers,slaan op in sakkie! R280

13/09/2026
13/09/2026
Probeer hom gerus. Kaas-, Knoffel- & PietersieliebotterbroodWat jy benodig:Vir die brood:1 pak winkeldeeg125 g sagte bot...
07/09/2026

Probeer hom gerus.

Kaas-, Knoffel- & Pietersieliebotterbrood

Wat jy benodig:
Vir die brood:
1 pak winkeldeeg
125 g sagte botter
4–5 knoffelhuisies, fyn gedruk
3 eetlepels vars pietersielie, fyn gekap
½ teelepel sout
½ teelepel swartpeper
½ teelepel gedroogde origanum, opsioneel
250–300 g gerasperde mozzarella
100 g gerasperde cheddar

Ekstra pietersielie vir afronding

So maak jy:
Knie die deeg vir ongeveer 8–10 minute totdat dit glad en elasties is.
Plaas die deeg in ’n liggies gesmeerde bak, bedek en laat dit op ’n warm plek rys totdat dit ongeveer verdubbel in grootte – sowat 1 uur.

Meng die sagte botter, knoffel, pietersielie, sout, peper en origanum goed saam.
Wanneer die deeg gerys het, rol dit op ’n meelbestrooide oppervlak uit tot ’n groot reghoek.

Smeer ’n ruim laag van die knoffel- en pietersieliebotter oor die hele oppervlak.
Strooi die mozzarella en cheddar eweredig oor die deeg.
Sny die deeg in breë stroke, halveer stroke sodat dit die grootte is van 'n groot sny brood.

Stapel die stroke om die kenmerkende laag-effek van die brood te vorm.
Plaas die gestapelde deeg versigtig in ’n gesmeerde broodpan.
Bedek en laat dit weer vir ongeveer 30–45 minute rys.

Voorverhit die oond tot 180 °C.
Smeer nog ’n bietjie van die knoffelbotter bo-oor en strooi ekstra kaas en pietersielie oor.
Bak vir ongeveer 30–40 minute, of totdat die brood goudbruin is en die kaas lekker gesmelt en bros aan die bokant is.

Laat dit vir ongeveer 10 minute afkoel voordat jy dit uit die pan haal.
Trek die warm brood in lae uitmekaar terwyl die mozzarella nog lekker sag en draderig is.
Vir ekstra geur kan jy dit dadelik ná die oond met nog ’n bietjie gesmelte knoffelbotter borsel.

Wenk: Vir daardie ekstra kaasagtige resultaat, gebruik ’n kombinasie van mozzarella en cheddar – die mozzarella gee die lang, draderige kaas-effek terwyl die cheddar meer geur gee.
Bron: Etienne Calitz op luister fm.

Bacon, kaas en karringmelk broodJy benodig:• 500g (3 1/3 koppies) bruismeel - vars, gesif• 1 pakkie (45g) wit uiesop poe...
29/08/2026

Bacon, kaas en karringmelk brood
Jy benodig:

• 500g (3 1/3 koppies) bruismeel - vars, gesif

• 1 pakkie (45g) wit uiesop poeier

• 250ml karringmelk - yskoud, nie kamertemperatuur nie

• 125g gaar bacon, fyn gesny en heeltemal koud en op kombuispapier gedroog (baie belangrik!)

• 100g parmesan, fyn gerasper

• 50g cheddar gerasper (help lig)

• 60ml olie of gesmelte botter, afgekoel

• 1 eier

Metode:

1. Voorverhit oond na 180°C. Spuit jou pan.

2. In groot bak: sif bruismeel + uiesop. Voeg al die kaas en KOUE bacon by. Meng droog goed deur sodat elke stukkie met meel bedek is.

3. In ander beker: klits karringmelk, olie en eier net saam.

4. Gooi nat by droog. Roer met 'n vurk net tot klam - moet nog klonterig lyk! Soos scones. As dit te styf lyk, gooi nog 1-2 eetlepels karringmelk by. Dit moet 'n sagte, plakkerige deeg wees, nie styf soos brooddeeg nie.

5. Skep in pann - moenie afdruk nie.

6. Bak 30ntot 45 min tot goud en toetspen skoon uitkom. Moenie oond eerste 15 min oopmaak nie!

Wenke.

• Weeg jou meel. Moenie skep nie.

• Laat jou bacon eers heeltemal koud word en druk vet af.

• Voeg laaste 5 minute nog bietjie cheddar bo-op vir mooi kors.

Die resep werk baie goed as jy dit in jou muffinpan bak.

Jy kan byvoeg wat jy wil..Van Kaiings gepraat..KAASSKONS BROOD MET KAIINGSLekker Resepte vir die Jongergeslag!!!!!!! (Le...
24/08/2026

Jy kan byvoeg wat jy wil..

Van Kaiings gepraat..

KAASSKONS BROOD MET KAIINGS

Lekker Resepte vir die Jongergeslag!!!!!!!

(Lekker saam met braai of sop)

• 8eetlepels Olie

• 2 Eiers

• 400ml Melk

• 2 koppies meel

• 3 Teelepels bakpoeier

• 1 ½ koppie Geraseperde Kaas

• 1t sout

• 1 Koppie Kaiings uitgebraai en koud

Metode

Meng alles en gooi in jou gesmeerde pannetjie

Bak in voorverhitte oond vir 30min by 180°C

Vinnige Kaas-en-OlyfbroodGeen gis, geen ure se wag nie — net meng, bak en geniet! Hierdie vinnige kaas-en-olyfbrood is l...
24/08/2026

Vinnige Kaas-en-Olyfbrood

Geen gis, geen ure se wag nie — net meng, bak en geniet! Hierdie vinnige kaas-en-olyfbrood is lekker geurig met stukkies kaas, groen olywe, songedroogde tamaties en kruie regdeur. Die kors bak goudbruin terwyl die binnekant lekker sag en klam bly. ❤️

Heerlik warm uit die oond met botter, saam met sop, op ’n peuselbord of sommer as ’n vinnige soutigheid saam met koffie.

PORSIES: 8–10 snye
MOEILIKHEIDSGRAAD: Maklik
TOTALE TYD: ± 1 uur
VOORBEREIDING: 15 minute
GAARMAAKTYD: 40–45 minute

GESKATTE KOSTE

Totale brood: ± R75–R95
Per sny: ± R8–R12

Pryse is ’n skatting en kan volgens winkel, handelsmerk en area verskil.

BESTANDDELE

2½ koppies (310 g) koekmeel
1 eetlepel bakpoeier
½ teelepel koeksoda
½ teelepel sout
½ teelepel swartpeper
1 teelepel gedroogde Italiaanse kruie
1 teelepel vars gekapte roosmaryn
2 groot eiers
250 ml karringmelk
60 ml olyfolie
1 koppie (120 g) gerasperde cheddar- of mozzarellakaas
100 g groen olywe, ontpit en in ringe gesny
80 g songedroogde tamaties, gedreineer en grof gekap
½ koppie (±75 g) kaas in klein blokkies gesny
1 eetlepel sesamsaad, opsioneel

METODE

Voorverhit die oond tot 180°C. Smeer ’n standaard broodpan van ongeveer 23 × 13 cm en voer die bodem met bakpapier uit.
Meng die koekmeel, bakpoeier, koeksoda, sout, swartpeper, Italiaanse kruie en roosmaryn in ’n groot bak.
Klits die eiers, karringmelk en olyfolie in ’n aparte bak saam.
Voeg die nat bestanddele by die droë bestanddele en meng liggies totdat dit net-net gemeng is. Moenie die beslag oormeng nie.
Vou die gerasperde kaas, olywe, songedroogde tamaties en kaasblokkies deur die beslag.
Skep die beslag in die voorbereide broodpan en maak die bokant gelyk. Strooi die sesamsaad en ’n paar ekstra olyfringe bo-oor indien verkies.
Bak vir 40–45 minute, of totdat die brood goudbruin is en ’n toetspen wat in die middel ingedruk word skoon uitkom.
Laat die brood vir ongeveer 10 minute in die pan afkoel voordat jy dit uithaal.
Laat effens afkoel voordat jy dit in dik snye sny. Bedien warm of teen kamertemperatuur.

WENK

Dreineer die olywe en songedroogde tamaties baie goed voordat jy dit by die beslag voeg. Te veel vloeistof kan die brood swaar en nat maak.

Vir ’n lekkerder kaas-effek soos op die foto, gebruik ’n kombinasie van gerasperde kaas én klein kaasblokkies — die blokkies gee daardie sigbare sagte kaasstukkies wanneer die brood gesny word.

PORSIEGROOTTE

1x: 1 brood – 8–10 snye
2x: 2 brode – 16–20 snye
4x: 4 brode – 32–40 snye

TIMER

⏱️ Voorbereiding: 15 minute
🔥 Bak: 40–45 minute
⏱️ Rus in pan: 10 minute
🍞 Totale tyd: ± 1 uur

www.mykombuis.com

The bread that drives everyone crazy, the no-knead garlic bread that still works!Ingredients :500g of flour1 packet of d...
13/08/2026

The bread that drives everyone crazy, the no-knead garlic bread that still works!

Ingredients :

500g of flour

1 packet of dry yeast

2 teaspoon salt

3 cloves of garlic (finely chopped)

350 ml of warm water

2 tablespoons of olive oil

Preparation:

1. First mix the flour in a large bowl with the dry yeast, salt and minced garlic. Then add warm water and olive oil.

Mix well with a spoon or spatula until all the ingredients are combined. Then the dough remains slightly sticky - it's absolutely true!

2. Now cover the bowl with a clean torch and let the batter rise in a warm place for about 1 hour until it doubles in volume.

3. Then lightly grease a bread mold or pastry plate. Then gently pour the raised dough into the mold without kneading it.

Finally, bake in preheated oven at 200 degrees (vault/sole heat) for about 30-35 minutes until bread is golden brown.

Oordaad Kaas en Uie Broodjie: Net die regte bykossie vir die braai vannaand:1 x 500g bruismeel1 pakkie dik wit uie sop p...
12/08/2026

Oordaad Kaas en Uie Broodjie: Net die regte bykossie vir die braai vannaand:

1 x 500g bruismeel

1 pakkie dik wit uie sop poeier

1 teelepel sout

1 teelepel bakpoeier

150g gerasperde cheddar kaas

1 ekstra groot eier

1 x 500ml karringmelk

(Dalk nog n 1/2 koppie melk) wag eers met dit tot jy jou karringmelk en eier in geroer het.

Metode:

Stel jou oond op 180 grade Celsius.

Sif die droë bestanddele saam.

Roer al die gerasperde cheddar kaas in.

Meng die karringmelk en eier saam.( ek het nog n half koppie melk moes byvoeg. Die resep se dit nie maar die deeg was te droog. Jy moet hom kan skep)

Skep in 1.5 liter broodpan en rasper kaas bo-op. Jy sal sien op die fotos het ek hom gepak met kaas bo.

Bak vir 1 uur of tot gaar.🐮

*kyk die kaas laag op die snye😂😂

Address

Standerton

Telephone

+27833883110

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when BOK SE Bosvark Oondjie posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to BOK SE Bosvark Oondjie:

Shortcuts

Share