01/06/2026
Boodskap van die Voorsitter
Stil β stil maar met groot opgewondenheid het ons aan die einde van die eerste rondte van die 2026 seisoen gekom. Ek wil graag van hierdie geleentheid gebruik maak om my opregte dankbaarheid en waardering uit te spreek.
Eerstens, my opregte dank ons ons Hemelse Vader vir Sy leiding, beskerming en seΓ«ninge.
Ek is dankbaar vir alle geleenthede wat Hy my gee om Porterville Rugbyklub een van die beste Klubs in die Boland te maak.
Aan die einde van die 1ste rondte is al drie (3) ons spanne in βn baie gunstige posisie van hul onderskeie kompetisies (A β span is 3de en die B β en C -spanne beide 2de). Dus beslis βn merkwaardige prestasie en βn teken dat rugby in Porterville baie gesond is. Dit is ook βn bewys van die toewyding, harde werk en die familie kultuur wat regdeur die Klub gevestig is.
Aan ons spelers, dankie vir julle toewyding, vasberadenheid en harde werk.
Julle harde werk op die oefenveld en op wedstryddae het die grondslag vir ons sukses gelΓͺ.
Aan ons afrigters en spanbestuur, dankie vir julle leierskap, opoffering en ontelbare ure se voorbereiding. Julle leiding en ondersteuning bring steeds die beste uit ons spelers
Aan ons mediese personeel, dankie vir julle toewyding. Julle bydrae is van onskatbare waarde en word opreg waardeer.
Aan ons borge, my opregte dank vir julle volgehoue ondersteuning en geloof in Porterville Rugbyklub. Julle vennootskap stel ons in staat om te groei, te ontwikkel en geleenthede aan ons spelers en gemeenskap te bied. Mag julle besighede van krag tot krag groei. n Spesiale woord van dank aan Jerome Afrika en gesin van Afrika Transport wat altyd die ekstra myl loop om die Klub te ondersteun. Julle sΓͺ nooit nee indien daar na julle uitgereik word om die Klub te ondersteun.
Aan ons lojale ondersteuners, dankie dat julle die pad saam met ons stap. Of dit nou tuis - of wegwedstryde is, julle teenwoordigheid, ondersteuning, passie, aanmoediging en onwrikbare geloof inspireer ons spelers. Julle skep 'n atmosfeer wat ons Klub spesiaal maak.
My opregte dank aan my Bestuur. Ek is dankbaar vir die vertroue en ondersteuning aan my.
Die vordering wat ons gemaak het, die uitdagings wat ons oorkom het, en die suksesse wat ons vier, was alles moontlik as gevolg van julle harde werk agter die skerms. Julle bereidwilligheid om julle tyd, kundigheid en energie aan die klub te gee, is van onskatbare waarde. Ek sien daarna uit om ons reis saam julle voort te sit om βn mooi toekoms vir ons Klub te bou.
Soos enige ander plattelandse rugbyklub is Porterville Rugbyklub ook grootliks afhanklik van hekinkomstes tydens tuiswedstryde en kan die Bestuur van elke sent wat ontvang is en uit gegee is behoorlik verslag doen. Dus βn bewys van βn bekwame, eerlike en hardwerkende Bestuur.
Ek is trots op wat ons spanne tot dusver bereik het. Laat ons voortgaan om God te dien, saam te werk, nederig en gefokus te bly op die uitdagings wat voorlΓͺ. Saam sal ons in die 2de- rondte aanhou na nog groter sukses streef.
Een klub, een gemeenskap, een doelwit en een FAMILIE.
Dean Josephus