10/09/2026
Kom hardloop saam Polokwane
🌟🏃♀️ KOM MAAK ’N VERSKIL SAAM MET PHS! 🌟🏃♀️
Dit is tyd om jou liggie helder te laat skyn vir ’n goeie doel! Hoërskool Pietersburg nooi die hele gemeenskap uit na ons opwindende "GLOW RUN" ter ondersteuning van CANSA. Al die fondse wat ingesamel word, word geskenk om die stryd teen kanker te ondersteun.
Of jy nou wil hardloop en of jy rustig wil stap – almal is welkom!
🎟️ Kaartjies:
Kaartjies is vanaf 11 September by die finansiële kantoor beskikbaar. Daar sal ook kaartjies by die hek te koop wees:
🔹 R30 Deelnemerkaartjie (Sluit reeds jou eerste glow stick in)
🔹 R10 Ingangskaartjie (Vir diegene wat net die atmosfeer wil geniet en nie aan die Glow Run deelneem nie)
Kom geniet ’n aand van pret en samesyn terwyl ons saam ’n reuse verskil maak!
📍 Sien julle op die A-rugbyveld!