Atlantics RFC Supporters Group

Atlantics RFC Supporters Group Atlantics RFC Supporters Group

08/02/2024

Goeie môre lede

Neem kennis dat 'n vergadering gehou sal word op, 8 Februarie om 18h00nm.

In die Moffat Saal.

Alle oud en nuwe lede is welkom🙏

27/12/2023
23/10/2023

Goeiemôre ATL familie🙏

Neem asb kennis van die volgende:

Algemene Jaarvergadering

Datum: 23 Oktober 2023
Plek: Mount Pleasant Moffat Saal
Tyd: 18h00

Die vergadering is oop vir oud en nuwe lede🙏🙏

Spelerfokus:Giano Simes 💛💙 .1.Noem of bynaamGigi 2.Gunsteling kosgebraaide aartappels 3.Gunsteling fliekRemember the tit...
25/08/2023

Spelerfokus:

Giano Simes 💛💙 .

1.Noem of bynaam
Gigi

2.Gunsteling kos
gebraaide aartappels

3.Gunsteling fliek
Remember the titans

4.Hoe sal jy jouself byskryf in n paar woorde ?
EK IS N BAIE VRIENDELIKE MENS RESPEK ALMAL EN EK IS BAIE NEDERIG

5.Watter waardes is vir jou belangrik ?
respek en dissipline want dit maak vir mens deure oop ops verskeie plekke💛💙

6.Wat is n quote wat jou altyd motiveer, en hoekom ?
Philip 4:13 "Ek is tot alles in staat deur Christus Jesus wat my die krag gee"

7. Wat is jou posisie en watter ander posisies kan jy nog speel ?
Ek speel slot asook flank en agste man

8. Waar en wanneer het jou liefde vir rugby begin ?
My liefde vir rugby het op laerskool al begin want almal in my familie is rugby liefhebbers

9. Hoekom ATL ?
Omrede ek n gemeenskaps kind is en dit is my terugploeg in die gemeenskap

10. Uit al die wedstryde gespeel, watter een het vir jou die meeste uitgestaan, en hoekom ?
Hawston 2022..omrede ek so sê is omdat dit die dag was wat Atlantics die Historiese boeke herskryf hey deur koning te kraai oor die magte SVN

11. Wie is jou inspirasie ?
My ma omdat sy my altyd motiveer om beter te doen en ondersteuning maar ook die positiewe energie wat sy het.

12. Wie is jou gunsteling klubspeler en internasionale speler ?
Klubspeler Branden Hunter omrede hy baie sterk leier eienskappe het en sal altyd sy spelers motivate op en van die veld af.
Internasionale speler Cheslin Kolbe, hy wys jou maar net staal het nie dikte nodig nie

13. Wat geniet jy die meeste by jou klub ?
Die eenheid onder ons op en van die veld af asook die broeder liefde

14. Wat is jou ritueel voor n wedstryd ?
Ek luister altyd musiek voor die game en dis ook hoe ek my fokus behou

15. Motivering vir die span vir die laaste wedstryd:
Kom ons vergeet van dit wat agter ons is en strek ons yt na dit wat voor is
ATL we love you.❤️💛💙

Goeie môre ATL ondersteuners neem asb kennis van die volgende:U kan steeds bestellings plaas by SG lede.Plek: 252 Madeli...
24/08/2023

Goeie môre ATL ondersteuners neem asb kennis van die volgende:

U kan steeds bestellings plaas by SG lede.

Plek: 252 Madeliefie (Maxine en Llewellyn se woning), Mount Pleasant, Hermanus

Tyd vir kolleksie: 17h00 pm

U ondersteuning word waardeer🙏🙏🙏

U ondersteuning sal waardeer word🙏
17/08/2023

U ondersteuning sal waardeer word🙏

Spelerfokus:Tristan Vries 👏.1.Naam Tristan2.Van Vries3.Noem of bynaamKallie/Koegie4.Gunsteling kosBurgers5.Gunsteling fl...
17/08/2023

Spelerfokus:

Tristan Vries 👏.

1.Naam
Tristan

2.Van
Vries

3.Noem of bynaam
Kallie/Koegie

4.Gunsteling kos
Burgers

5.Gunsteling fliek
The One

6.Wat / wie inspireer jou?
My coaches, al kom en gaan hulle.

7. Hoe sal jy jouself byskryf in n paar woorde ?
Ek het uithouvermoeë, is hardwerkend en committed aan my span.

8. Wat motiveer jou ?
Die spelers, as ek nie hier was nie en as dit nie vir hulle was nie, was ek seker nou al in die tronk.

9.Wie is jou gunsteling klubspeler en internasionale speler?
Gian Viret en Manie Libbok

10.Watter waardes is vir jou belangrik ?
Loyalty, honesty en commitment

11.Waar het jou liefde vir rugby begin?
Toe ek o/8 rugby begin speel het op laerskool.

12.Hoekom Atlantics?
Omdat ek lief is vir my gemeenskap.

13.Watter possisie speel jy en watter possisie kan jy nog speel ?
9 en 10, maar ek kan ook 14 speel .

14.Wat geniet jy die meeste by jou klub en onder jou mede spelers?
Alles, al is die ouens soms vol moods .

15.Boodskap aan die span vir die week.
Kom ons werk hard en speel julle harte uit by die laaste wedstryde soos julle doen week na week .

Spelerfokus:Wel-Jean Julies 👏.1.Naam Wel-Jean 2.Van Julies 3.Noem of bynaamBynaam is Eina 4.Gunsteling kosMy gunstelling...
11/08/2023

Spelerfokus:

Wel-Jean Julies 👏.

1.Naam
Wel-Jean

2.Van
Julies

3.Noem of bynaam
Bynaam is Eina

4.Gunsteling kos
My gunstelling kos is Boboti.

5.Gunsteling fliek
Born to race

6.Wat / wie inspireer jou?
Morne Adams - Sal altyd sê give it your all or nothing because tomorrow is not promised.!

7.Wie is jou rolmodel?
Israel Folau

8. Hoe sal jy jouself byskryf in n paar woorde ?
Ek beskryf myself as ñ mens se mens, baie respekvol, hardwerkend en hou van uitdagings.

9.Watter waardes is vir jou belangrik ?
Liefde, Respek en Omgee

10.Waar het jou liefde vir rugby begin?
My liefde vir Rugby het op hoërskool begin. Was eers ñ sokker speler voor ek begin het met rugby in 2012.

11.Hoekom Atlantics?
Wel dus my tuis dorp en wil nog altyd in die blou en geel trui uitgedraf het!

12.Watter posisie speel jy en watter posisie kan jy nog speel ?
Speel Buite senter (13). Maar kan ook Loskakel(10) binnesenter(12) en fullback (15) speel.

13.Wat geniet jy die meeste by jou klub en onder jou mede spelers?
Supporters wat week na week op offerings maak en players wat soos family is onder mekaar.

14.Boodskap aan die span vir die week.
Ek wil die volgende los by alle spelers kom ons speel die laaste games wat voorlê met hart en siel en onthou hier bou ons vir die toekoms. Let us all agree with one another in what we do on the field and that we perfectly unite in mind and thought. Keep up the good work boys!!🏈

Spelerfokus:Realdo Williams 💛💙.1.Naam Realdo 2.Van Williams 3.Noem of bynaamStang of Relo 4.Gunsteling kospasta 5.Gunste...
11/08/2023

Spelerfokus:

Realdo Williams 💛💙.

1.Naam
Realdo

2.Van
Williams

3.Noem of bynaam
Stang of Relo

4.Gunsteling kos
pasta

5.Gunsteling fliek
The gray man

6.Wat / wie inspireer jou?
My ouers

7.Wie is jou rolmodel?
Benji Marshall

8.Watter waardes is vir jou belangrik ?
Om God eerste te sit

9.Waar het jou liefde vir rugby begin?
Laerskool toe ek begin rugby speel.

10.Hoekom Atlantics?
Ek het altyd vir Evan Visser gekyk en myself gesê die dag as ek nie provinsiale rugby speel nie gaan ek vir my dorp speel .

11.Watter possisie speel jy en watter possisie kan jy nog speel ?
Senter,wing,heel agter

12.Wat geniet jy die meeste by jou klub en onder jou mede spelers?
Die liefde wat die spelers het vir die sport

13.Boodskap aan die span vir die week.
The more you sweat in training ,the less you bleed in battle .💙💛

Spelerfokus:Heinrich Pieters 💛💙.1.Naam  Heinrich2.Van  Pieters3.Noem of bynaamPeks4.Gunsteling kosMy ma se kerrie kos5.G...
11/08/2023

Spelerfokus:

Heinrich Pieters 💛💙.

1.Naam
Heinrich

2.Van
Pieters

3.Noem of bynaam
Peks

4.Gunsteling kos
My ma se kerrie kos

5.Gunsteling fliek
Enige fliek van Liam Neeson

6.Wat / wie inspireer jou?
Mense in ons gemeenskap wat altyd probeer om iets goeds en positief te doen vir ander en minder bevoorregtes

7.Wie is jou rolmodel?
My ouers sonder hulle sou ek nie die persoon gewees it wat ek vandag is nie

8.Watter waardes is vir jou belangrik ?
Respek,eerlikheid en disipline

9.Waar het jou liefde vir rugby begin?
Op laerskool by Mount Pleasant Primêr

10.Hoekom Atlantics?
Ek ondersteun Atlantics al van 'n jong ouderdom af en wou as kind ook in die voetspore trap soos my twee neefs Craig en Bruce Niemand wat ook vir Atlantics uit gedraf het en net die liefde wat die ondersteuners vir ons as spelers gee by die klub is fenomenaal

11.Watter possisie speel jy en watter possisie kan jy nog speel ?
Ek is 'n veelsydige agterspeler maar op die oomblik speel ek heelagter

12.Wie is jou gunsteling klub en internasionale spelers ?
Nevon Afrika en Quade Cooper

13.Wat geniet jy die meeste by jou klub en onder jou mede spelers?
Die liefde wat ons het vir mekaar n vir die klub en die way ons altyd samet mekaar staan wen of verloor ons sal altyd mekaar opsoek om saam te kuier na die game

14.Boodskap aan die span vir die week.
Kom ons gaan uit en gee net jo beste en speel vir wat voor op jo linker bors staan en nie agter op jo rug ni
Rugby groete💛💙🫡

Spelerfokus:Gilmore Jacobs 👏.1.Naam Gilmore 2.Van Jacobs 3.Noem of bynaamWillmore 4.Gunsteling kosTamatie breide 5.Gunst...
11/08/2023

Spelerfokus:

Gilmore Jacobs 👏.

1.Naam
Gilmore

2.Van
Jacobs

3.Noem of bynaam
Willmore

4.Gunsteling kos
Tamatie breide

5.Gunsteling fliek
G. I. JANE

6.Wat / wie inspireer jou
MY MA EN FAM

7.Wie is jou rolmodel
EMO Adams

8.Watter waardes is vir jou belangrik
Respect

9.Waar het jou liefde vir rugby begin
Ek d**k van kleins af my MA was mos n rugby liefhebber

10.Hoekom Atlantics
Groot liefde vir die club

11.Watter possisie speel jy en watter possisie kan jy nog speel
Ek speel lock #4 kan ook flank speel

12.Wie is jou gunsteling klub en internasionale spelers
Club:Het Ek 2 Jerome Julies en Peks
en dan sal ek se Kolbe

13.Wat geniet jy die meeste by jou klub en onder jou mede spelers?
Die broerderskap onder ons

14.Boodskap aan die span vir die week.
Kom ons gaan uit en speel vir mekaar en glo inmekaar eenheid maak mag WAARS ONS HIERS ONS.

Spelerfokus:Sergei Vaaltyn 👏.1.NaamSergei 2.VanVaaltyn 3.Noem of bynaamSpoed 4.Gunsteling kos Tamatie kos 5.Gunsteling f...
09/08/2023

Spelerfokus:

Sergei Vaaltyn 👏.

1.Naam
Sergei

2.Van
Vaaltyn

3.Noem of bynaam
Spoed

4.Gunsteling kos
Tamatie kos

5.Gunsteling fliek
Rush hour 2

6.Wat / wie inspireer jou
My familie inspireer my

7.Wie is jou rolmodel
My pa

8.Watter waardes is vir jou belangrik ?
Lojaliteit,Respek,Eerlikheid

9.Waar het jou liefde vir rugby begin ?
Ek het in n rugby mal famile groot geword so rugby is van klein af in my in

10.Hoekom Atlantics ?
Atlantics is een van die klubs in die Overberg met die rykste geskiedenis en ons nuwe jong spelers is op n missie om die klub weer probeer sit waar dit was...

11.Watter posisie speel jy en watter posisie kan jy nog speel ?
Ek speel wing 11/14

12.Wie is jou gunsteling klub en internasionale speler ?
My gunsteling klub speler is Jerome"GROOTNAAM" Julies en gunsteling internasionale speler is Canan Moodie

13.Wat geniet jy die meeste by jou klub en onder jou mede spelers ?
Wat ek meeste van hou by die klub is die liefde wat n persoon ontvang as jy hier aankom en onder my mede spelers is dit die broerskap en bond wat ons het tussen mekaar

14.Boodskap aan die span.
"If we all move together forward,success will take care of itself"

Address

Mount Pleasant
Hermanus
7200

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Atlantics RFC Supporters Group posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Atlantics RFC Supporters Group:

Share

Category