Heidelberg SAJWV

Heidelberg SAJWV SA Jagters-Hunters Heidelberg-tak

09/08/2026

Vroueskiet 8 Augustus
Dankie vir elke dame wat deelgeneem het en die manne wat hulp en lyding verleen het.

22/07/2026
Dames van alle ouderdomme, kom geniet 'n lekker skiet. Laat weet asb vir Dirk as julle wil kom deel in die pret.
22/07/2026

Dames van alle ouderdomme, kom geniet 'n lekker skiet.
Laat weet asb vir Dirk as julle wil kom deel in die pret.

SAJWV Heidelberg Lapua Bankrus Presisie Skietdag 2026:  hiers n paar fotos van die dag op Swaelkrans Skietbaan - 11 Juli...
12/07/2026

SAJWV Heidelberg Lapua Bankrus Presisie Skietdag 2026:
hiers n paar fotos van die dag op Swaelkrans Skietbaan - 11 Julie 2026

SAJWV Heidelberg Lapua Bankrus Presisie Skietdag 2026: ’n Reuse Sukses!Ons SAJWV Heidelberg-tak het Saterdag, 11 Julie, ...
12/07/2026

SAJWV Heidelberg Lapua Bankrus Presisie Skietdag 2026: ’n Reuse Sukses!

Ons SAJWV Heidelberg-tak het Saterdag, 11 Julie, ons jaarlikse Lapua Bankrus Presisie Skietdag by ons pragtige Swaelkrans-skietbaan aangebied, en die opkoms was behoorlik iets om oor te spog.

Ons het 46 skuts gehad wat mekaar in beide die senterslag en randslag dissiplines die stryd aangesê het. Die geesdrif was hoog, die kompetisie was taai, en die skote het geloop!

Daar is deurlopend strawwe kompetisie gelewer oor vier verskillende klasse, veterane, mans, dames en juniors.

Die wenners in elke klas is aan die einde van die dag beloon met 'n pragtige medalje vir hul uitstaande prestasies op die baan. Baie geluk aan elke skut wat kon wegstap met ’n stukkie metaal om die nek!

📸Kyk gerus na die foto's hieronder om te sien wie koning gekraai het in die onderskeie klasse.

’n Groot dankie aan elke lid, besoeker en familielid wat die dag saam met ons kom geniet het. Julle ondersteuning maak ons tak die sukses wat dit is. Baie dankie ook aan almal wat gehelp het om die dag glad te laat verloop!

Ons is ongelooflik trots op ons junior lede van die SAJWV Heidelberg-tak wat op Saterdag, 6 Junie 2026, aan die streeksk...
06/07/2026

Ons is ongelooflik trots op ons junior lede van die SAJWV Heidelberg-tak wat op Saterdag, 6 Junie 2026, aan die streekskiet by die Rooikraal-skietbaan gaan deelneem het! Die jong skuts het uitmuntende deursettingsvermoë en uitstekende skietkuns getoon. Julle harde werk en dissipline werp duidelik vrugte af.

Plasings Resultate, kwalifikasie en punte verwerf :

O/9 Veerlug:
Luané Naude: 1ste Plek (Nasionaal & Streek) – 145.04
Bennie Spies: 2de Plek (Nasionaal & Streek) – 143.04

O/13 Druklug:
Philip van Niekerk: 6de Plek (Nasionaal & Streek) – 141.00
Conraad van Niekerk: 10de Plek – 130.00

O/13 Randslag:
Philip van Niekerk: 3de Plek (Nasionaal & Streek) – 139.00
Luané Naude: 4de Plek (Nasionaal & Streek) – 137.04
Bennie Spies: 7de Plek (Streek) – 136.01
Jeandre Le Roux: 8ste Plek (Streek) – 135.00
Conraad van Niekerk: 10de Plek – 132.05
Keithan Rudolph: 16de Plek – 118.00

O/16 Randslag:
Mieke Roslee: 6de Plek – 125.00
Chenique Le Roux: 8ste Plek – 104.00

Baie geluk aan elke enkele skut wat die Heidelberg tak-naam so hoog gehou het! Julle is die toekoms van ons tak en ons sport. Baie dankie ook aan die ouers en bestuurslede en lede wat hierdie geleenthede vir ons juniors moontlik maak en hulle so getrou ondersteun.

Kom geniet hierdie uitdaging!!
19/05/2026

Kom geniet hierdie uitdaging!!

21/04/2026

Ons tak het op 11 April '26 n gongskiet gehou - hiers n paar hoogtepunte

Address

Heidelberg
1438

Telephone

+27834742171

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Heidelberg SAJWV posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Heidelberg SAJWV:

Shortcuts

Share

Category