Sunshine United RFC

Sunshine United RFC Proudly representing Sonskynvallei Hartenbos. We are a young, upcoming club full of drive and passion for the game.

Our mission is to change hearts and minds in our community positively through rugby.
🏠 A family club...
ARISE & SHINE, UNITED OF NIKS 🙅

Renaldo RoelfsePosisie : 10 & 12Oomblik: Die gelukkigste oomblik was toe die eind fleitjie blaas en besef dat ons die do...
09/09/2026

Renaldo Roelfse

Posisie : 10 & 12

Oomblik: Die gelukkigste oomblik was toe die eind fleitjie blaas en besef dat ons die doelwit bereik het en dat ons as n span altyd bly glo .

Aan al ons ongelooflike rugby ondersteuners baie dankie vir julle onwrikbare steun, passie en energie! Julle staan saam met ons deur elke tackle, drie en oorwinning, en selfs in die moeilike oomblikke. Julle maak die verskil op en van die veld af.
Ons dra julle trots op die hart elke keer as ons uitdraf. Sonder julle sou dit nie dieselfde wees nie. Dankie dat julle altyd agter ons span staan!

of niks

Naam en van:Viano Sheldon MarsPosisie:Skrumaf ( #9)My gunstelling oomblik:Waar die eind fluit geblaas word met die final...
09/09/2026

Naam en van:
Viano Sheldon Mars

Posisie:
Skrumaf ( #9)

My gunstelling oomblik:
Waar die eind fluit geblaas word met die final🏆💪

Bedanking aan toeskouers:
Ek wil hiermee baie dankie sê vir een en elke wat van dag een af ons as n span geondersteun het.Ek kan sê sonder die gemeenskap is ons glad nie n span nie so baie dankie vir elke stem wat kon skreê en dankie dat ek kon deel wees van sonskynvallei as famiie.Ek waardeer een en elke..nogmals baie dankie🏉👌🫶

Naam: Nashwin BothaPosition: 4 & 8Ek wil graag vandag ’n spesiale woord van dank aan elke Sunshine United-ondersteuner s...
09/09/2026

Naam: Nashwin Botha
Position: 4 & 8

Ek wil graag vandag ’n spesiale woord van dank aan elke Sunshine United-ondersteuner sê vir julle ongelooflike ondersteuning gedurende die 2026-rugbyseisoen.
Deur die goeie tye, die moeilike wedstryde, die oorwinnings en die uitdagings was julle altyd daar vir ons. Julle het ons aangemoedig, in ons geglo en ons die krag gegee om nooit op te gee nie. Julle ondersteuning beteken vir ons meer as wat woorde kan beskryf.

My gunsteling Oomblik:
My gunsteling oomblik van die eindstryd was toe die skeidsregter die eindfluitjie geblaas het. Op daardie oomblik het dit gevoel asof die hele wêreld vir ’n oomblik stilgestaan het. Ek het ’n ongelooflike gevoel van vreugde, trots en vrede in my hart ervaar. Al die harde werk, opofferings en emosies van die seisoen het op daardie een oomblik bymekaargekom.
Daardie oomblik sal ek nooit vergeet nie.

Aan elke speler, afrigter, ondersteuner, familie en vriend wat deel was van hierdie reis: baie, baie dankie. Julle is nie net ondersteuners nie — julle is deel van die Sunshine United-familie.
Ons is dankbaar vir elke stem wat ons aangemoedig het, elke hand wat geklap het en elke hart wat saam met ons geglo het.
Sunshine United vandag, Sunshine United môre, Sunshine United vir altyd!

Speler: Ethan HarrisPosisie: Buite senterGunsteling oomblik Toe ons Formosa Phoenix in die semifinal wen.Ek wil net vir ...
08/09/2026

Speler: Ethan Harris
Posisie: Buite senter

Gunsteling oomblik
Toe ons Formosa Phoenix in die semifinal wen.

Ek wil net vir ons ondersteuners baie dankie sê vir die jaar, julle was agter ons van die begin af tot die einde toe, ons het saam getravel as n familie en weg gestap as wenners elke naweek. Van my kant baie dankie, dankie kom diep uit my hart uit.

Kontak Edwardine indien jy belangstel by 071 362 3171.Ons kan ongelukkig geen truie uithou of bespreek nie. First come, ...
08/09/2026

Kontak Edwardine indien jy belangstel by 071 362 3171.
Ons kan ongelukkig geen truie uithou of bespreek nie. First come, first serve!
Moenie uitmis nie—as hulle weg is, is hulle weg! Kom kry joune dadelik sodat ons die nuwe liga op die regte manier kan begin. 💛🖤

Naam & Van : Anzil PheiffersPosissie : inside centre  #12My Gunstelling oomblik...Ek sal sê dit het begin in die kleedka...
08/09/2026

Naam & Van : Anzil Pheiffers
Posissie : inside centre #12

My Gunstelling oomblik...
Ek sal sê dit het begin in die kleedkamer , voor die match begin...die gees van die team was HOOG , skoenlappers het begin rond fladder in my mag , die gevoel van "EKS REG VIR OOLOG" het binne my aangeskakel 💪🏼😤 .

Toe ons uithardloop en die skarre hoor skree...Joh! Dit was asof hulle met ons op die veld was en ek kon die support voel , en al wat af speel in my kop in daardie oomblik was...dis Go Home or Go Hard .

Die laste fases van die game was brutal...ons een en elk het meer as ons lyf op die spel gesit , ons het ons trots op die spel geplaas , en toe daardie eindfluit blaas...dis n gevoel wat verewig by my gaan bly .

Ek wil net dankie sê aan Ons Hemelse Vader . Hy het elk van ons op daardie veld gedra , en die Krag wat Hy in ons geplaas het , kon ons uitvoer ten volle . Tweedens dank ek die bestuur span , wat n BRILLIANT job gedoen het die jaar met die managing van die club . JULLE WAS/IS AWESOME !!🙏🏼

Naam en van:Jayhann Bruintjies Nommer : 15 Gunsteling Oomblik:Toe die ref sy eindfluitjie blaas en dit is toe ons weet o...
08/09/2026

Naam en van:
Jayhann Bruintjies

Nommer : 15

Gunsteling Oomblik:
Toe die ref sy eindfluitjie blaas en dit is toe ons weet ons is champs
> Baie dankie aan elke Sonskyn ondersteuner wat hierdie jaar agter ons gestaan het. Julle se skree, julle liefde vir die game het ons gedra.🏉💛🖤
> Laaste game van die jaar is gespeel.Van my hart af dankie aan Sonskyn Rugby se ondersteuners. Sonder julle is daar geen ons nie. Waardeer elke boodskap, elke klap, elke keer wat julle my naam geskree het.

Naam&van:Daylin SaalPosisie: 10 & 15.Beste oomblik van die jaar: Was toe ons beker wen...wat n game tot op die einde.Dan...
08/09/2026

Naam&van:
Daylin Saal

Posisie: 10 & 15.

Beste oomblik van die jaar:
Was toe ons beker wen...wat n game tot op die einde.

Dankie aani supporters wat heeljaar in die span geglo dit. Julle was heeljaar met ons. Span sou dit nie gemaak sonder julle support nie. Dankie ons gemeenskap❤️🎯

🏉 Naam: Romeo Sambok💪 Posisie: Hakker⭐ My gunsteling oomblik:My gunsteling oomblik van die kampioenskap-seisoen was toe ...
08/09/2026

🏉 Naam: Romeo Sambok
💪 Posisie: Hakker

⭐ My gunsteling oomblik:
My gunsteling oomblik van die kampioenskap-seisoen was toe die skeidsregter die heel laaste keer die fluitjie blaas in ons finale wedstryd. Op daardie oomblik het ons geweet ons is KAMPIOENE! 🏆💛🖤 Dit was ’n ongelooflike gevoel en ’n oomblik wat ek nooit sal vergeet nie.

🙏 Eerstens wil ek God dank vir alles wat Hy vir ons gegee het.
’n Groot dankie aan ons lojale ondersteuners wat ons deur die hele seisoen ondersteun en altyd agter ons gestaan het. 💛🖤
Baie dankie ook aan ons bestuur vir al hulle harde werk en ondersteuning, asook aan my mede-spelers. Ons het saam geveg, saam gestaan en saam hierdie titel huis toe gebring! 🏆🔥

Address

Cumpiro Street Sonskynvallei
Hartenbos
6520

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Sunshine United RFC posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Sunshine United RFC:

Shortcuts

Share

Category