29/08/2026
Van 11de plek verlede jaar, met relegasie wat vir ons ’n werklikheid was, tot ’n 5de plek aan die einde van hierdie jaar. 🏉🖤💛🤍
Verlede jaar moes ons ’n uitspeelwedstryd speel om te bepaal of ons bly of gly — en ons het dit reggekry. Van daar af het ons aangehou bou, aanhou glo en aangehou baklei.
Hierdie 5de plek is nie net ’n posisie op ’n log nie. Dit verteenwoordig die harde werk, opofferings, teleurstellings, oorwinnings en die mense wat deur alles saamgestaan het.
Baie dankie aan elke speler, afrigter, bestuurspersoon, ondersteuner, borg en elke persoon wat op enige manier deel was van hierdie seisoen. Sonder julle sou dit nie moontlik gewees het nie.
Van 11de, amper relegasie, tot 5de. Wat ’n reis. 💛🤍🖤
Trots op elkeen wat deel was hiervan. Die beste lê nog voor.