Klub 50 Ondersteuners

Klub 50 Ondersteuners Klub50 Ondersteuners is 'n Burgersdorp skole ondersteuners klub. Ons skole is ons trots en passie.

10/05/2026
04/08/2023

Elmaré van der Berg van die Spar Protea Netbal span het ook 'n boodskap vir die Blikkies. Dankie Elmaré en sterkte vir die res van die netbal wêreld beker.

04/08/2023

Coach Jake White het ook 'n boodskap vir die Blikkies gehad, maar eintlik vir al ons plattelandse ouers.

03/08/2023

Die Cheetahs is ook Saterdag op die Blikkie bus. Dankie vir die mooi woorde Robert Ebersohn.

03/08/2023

Deon Fourie die oudste speler om 'n Springbok te word is ook agter ons Blikkies.

03/08/2023

Saterdag is weer 'n groot dag tussen die Blikkies en Alies. Hierdie jaar vind hierdie jare lange interskole in Aliwal Noord plaas. 'n Paar bekende rugby spelers wens ons Blikkies sterkte toe.

21/05/2023

Klub 50 Ondersteuners is super trots op ons Blikkie eerste span hokkie meisies wat vandag die Spar hokkie toernooi in Queenstown gewen het. Welgedaan meisies, julle was uitstekend!!
Hoërskool Burgersdorp

18/05/2023

Ons wil graag almal bedank wat gisteraand so groot sukses gemaak het van die Black Beast trekking. Baie dankie aan almal wat dit bygewoon het en almal wat die lewendige uitsending gevolg het. Spesiale dank aan oom Herkie Venter en Handri van Bergen van Gariep Echo Reserve wat die trekking saam met ons kom doen het. Nogmaals dankie aan Louis Retief van Made in the Karoo wat die twee slaglammers vir ons gaan verpak. Gaan besoek gerus hulle webtuiste by www.madeinthekaroo.co.za om te sien watse heerlike produkte hulle verkoop en aflewer

Die wenners was as volg:
●Black Beast jag naweek - Cobus Bodenstein
●R6000 Kontant - Dries de Wet
●Twee Slaglammers - Ryno Ge**er

Baie geluk aan elkeen van julle. Dries de Wet was so gaaf om sy R6000 kontant prys terug te skenk aan Klub50. Baie dankie Dries, ons waardeer jou goeie gebaar uit ons harte. Ons plaas graag 'n video van Cobus nadat sy kaartjie getrek is.

17/05/2023

So het ons aan die einde van ons Klub50 Black Beast fonds insamelings projek gekom. Ons wil graag almal hartlik bedank wat 'n kaartjie gekoop het. Julle ondersteuning aan ons skole beteken vir ons bitter baie.

Die trekking vind vanaand om 20h00 plaas. Skakel gerus in, ons gaan dit lewendig hier uitsaai. Nogmaals dankie aan almal, dit was 'n bitter groot sukses.

Laerskool Burgersdorp
Hoërskool Burgersdorp
Klub50 Black Beast Trekking

Address

Burgersdorp

Telephone

+27828730006

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Klub 50 Ondersteuners posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Shortcuts

Share

Category