28/09/2025
🚨 BEDROG 🚨
Dit het onder ons aandag gekom dat daar iemand is wat ’n vals Waterval Safaris jagpryslys gebruik om jagters te scam. Hy stuur ons vervalste pryslys uit, en invoices vir die betaling van deposito’s.
Belangrik:
ALLE besprekings en invoices gaan SLEGS deur Martin Langeveldt - 082 320 1400.
As jy onseker is of iets lyk verdag, stuur asseblief dadelik direk vir Martin Langeveldt 'n boodskap.
L.W. Die jagseisoen is verby en ons vat nie tans besprekings vir Oktober en November soos hiérdie swendelaar beweer nie.
Ons vra dat almal waaksaam sal wees en hierdie boodskap help versprei sodat niemand mislei word nie.
Baie dankie vir julle steun,
Die Waterval Safaris-span 🦌