29/01/2020
Groei waar jy geplant is.....
Dit is amper 'n jaar nadat ek verhuis het na my nuwe tuiste, Vredendal.
My wortels was so diep geskiet in Stellenbosch na 13 jaar daar, dat dit 'n redelike moeilike proses was aan die begin totdat ek 'n kopskuif kon maak.
In elk geval, die wat my ken, weet, eks lief vir alle atletiek, maar hamergooi lê my na aan die hart.
Die tegniese uitdaging daarvan en die standaarde wat so baie gegroei het op nasionale vlak die afgelope paar jaar, is 'n bewys dat dié item al hoe meer gewild raak onder jong veld atlete.
Met die tekort aan hamergooi afrigters nasionaal, is daar vele kleiner dorpies wat nie hierdie item het in sommige skole of selfs in dele van die provinsie nie.
So ook Vredendal.
Einde 2019 het daar 3 atlete aangedui dat hul sou belangstel om hamergooi te oefen en dit was die eerste treë in 'n goeie rigting vir my....
Môre sal die eerste hamergooi kompetisie hier wees in baie jare, en ek is opgewonde oor wat moontlik nog in die toekoms gaan gebeur. Baby steps...
Mag ek die geleentheid kry om my passie vir dié item te deel met nog baie kinders vir baie jare.
Alle belangstellendes wie volgende seisoen wil deel wees van ons oefengroep kontak my gerus en deel in die pret!